Sege 'weeg swaarder as Stefan-swanesang'

2011-10-29 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Haaie het nie tyd vir tierlantyntjies in vandag se Curriebeker-eindstryd teen die Goue Leeus nie, daarom word daar nie ’n ophef gemaak daaroor dat dit dalk Stefan Terblanche se laaste rugbywedstryd vir die Durbaniete kan wees nie.

Terblanche was langer as ’n dekade een van die Haaie se grootste staatmakers en die speler wat die swart en wit-trui die meeste oor sy kop getrek het.

Maar die Haaie se afrigter, John Plumtree, het gesê hy gaan dit nie aan die groot klok hang dat dit dalk Terblanche se laaste wedstryd is nie – en dit is ook nie ’n geval dat die spelers die eindstryd hier op Coca-Colapark vir Terblanche wil wen nie.

“Nee wat, vir tierlantyntjies het ons nie tyd nie.

“Ons fokus as ’n span bloot daarop om die Beker te wen.

“Daar is genoeg om op te fokus in só ’n eindstryd sonder dat ons allerhande ander dinge bysleep,” het Plumtree gesê.

“Die spelers moet reg ingestel wees, want só ’n eindstryd gaan juis baie daaroor of jou kop reg is of nie.

“Daarom moet jy gefokus wees op dit wat gedoen moet word om ’n oorwinning te verseker,” het hy gister gesê.

Terblanche het nog nie finaal besluit of hy sy stewels gaan ophang ná hierdie seisoen nie – maar dié veteraan sê óók die span se fokus moet net op die eindstryd wees.

Wynand Claassen, ’n voormalige Natal-kaptein wat ook die Springbokke aangevoer het, glo dit gaan ’n “blêddie goeie eindstryd wees. Hoe kies jy ’n wenner tussen hierdie twee spanne?” wou hy weet.

“Aan die een kant het jy ’n relatief onervare span sonder werklike sterre wat baie rugby speel.

“En aan die ander kant het jy die gevestigde span met die groot name.

“In hierdie geval glo ek nie die groot name op papier sê te veel nie.

“Ons was in die eindstryd van 1984 teen die WP in die Kaap in amper dieselfde posisie as die Leeus.

“Die WP het omtrent die hele Springbok-agttal gehad – en ons is geen kans gegee om te wen nie. Rustyd was ons nog voor en ons het toe eindelik net met 9-19 verloor.
“In ’n eindstryd gaan dit oor jou ingesteldheid.

“Dit is nou ’n wedstryd wat tussen die ore beslis word.

“Dit is ook fassinerend om die afrigtingstyle van die twee Nieu-Seelanders (Plumtree en John Mitchell) te sien en die hardlooplyne wat hulle by hul spanne gevestig het.

“Ek dink dit gaan ’n uitstekende eindstryd wees.

“En hierdie is een waarna ek geweldig baie uitsien,” het Claassen gesê.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.