Seer lywe sal Leeus nie keer

2011-10-24 09:34
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Terwyl Josh Strauss Sondag sy “silwer”-verjaardag gevier het, sal die partytjie nie vir hom begin voordat die Goue Beker in Coca-Colapark se trofeekas staan nie.

Strauss se 25ste lewensjaar kon kwalik beter begin het, want dié Leeus-tropleier gaan sy span Saterdag teen die Haaie in die Curriebeker-eindstryd aanvoer, minder as 17 maande nadat hy hom as ’n relatiewe onbekende speler by die Leeus aangesluit het.

Sy gewildheid het byna net so vinnig toegeneem soos wat sy baard gegroei het – en kunsbaarde raak ook al hoe gewilder by die ondersteuners.

Die Leeus se kans om hul knap vertoning teen die Westelike Provinsie teen Keegan Daniel se Haaie te herhaal, sal wel ook in ’n mate afhang van hoe Strauss-hulle fisiek herstel ná nóg ’n klipharde kragmeting.

Tog sê Strauss die kans is klein dat pyne en skete hul geesdrif vandeesweek sal demp.

“Hierdie is die grote,” het Strauss oor die eindstryd gesê.

“Wat die komende naweek gebeur, gaan ’n bewys wees van die harde werk wat ons vanjaar ingesit het.

“Daarom dink ek dit gaan nie saak maak hoe ons lywe in die week wat voorlê voel nie.

“Ons gaan maar eers vergeet van die houe wat ons gevat het, want hierdie is die grootste verhoog waarop sommige van ons ooit sal speel.”

John Mitchell, afrigter van die Leeus, het ná die Rooibontes se halfeindstryd-sege van 29-20 oor die Westelike Provinsie gesê sy spelers het, benewens ’n paar stampe, nie ernstige beserings nie.

“Ons hou almal ’n hele ruk al met pleisters aanmekaar. Ek dink almal sal reg wees,” het Mitchell gesê.

Die staatmaker-vleuel Deon van Rensburg is die enigste Leeu wat die veld vroeërig weens ’n ligte besering verlaat het.

Mitchell se besluit om verskeie van sy sleutelspelers verlede naweek ’n ruskans teen die Haaie in Durban te gee, was nog ’n meesterskuif deur dié Kiwi. Die Leeus was toe reeds van ’n halfeindstryd op hul tuisveld verseker.

Nou sal die Haaie van hul groot sege van 53-9 oor die Leeus moet vergeet, want ná die Leeus se sege oor die WP is dit duidelik daar kan nie veel in die uitslag in Durban gelees word nie.

“Die ouens het hulself gelig. Ons het geweet dit (die halfeindstryd) is basies ’n ander reeks,” het Strauss gesê.

“Teen die Haaie (verlede naweek) was die ligafase vir ons verby. Maar dié keer het ons geweet wat ons moes doen en daarby gehou.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.