Schalk lei WP in CB-halfeind
2011-10-19 13:14
Kaapstad – Die afrigter van die WP, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat Saterdag teen die Leeus in die Curriebeker-halfeindstryd op Coca-Colapark uitdraf.
Die Springbok-losvoorspeler Schalk Burger is terug in die beginspan en is gekies om die kapteinsarmband te dra.
Afskoptyd Saterdag in Johannesburg is om 17:00.
Westelike Provinsie:
15 Gio Aplon, 14 JJ Engelbrecht, 13 Jaque Fourie, 12 Jean De Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Demetri Catrakilis, 9 Nic Groom, 8 Nick Koster, 7 Siya Kolisi, 6 Schalk Burger (kaptein), 5 De Kock Steenkamp, 4 Adriaan Fondse, 3 Brok Harris, 2 Tiaan Liebenberg, 1 JC Kritzinger
Plaasvervangers: 16 Deon Fourie, 17 Frans Malherbe, 18 Tertius Daniller, 19 Pieter Louw, 20 Louis Schreuder, 21 Juan de Jongh, 22 Conrad Jantjes
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24