Schalk, Adi voor uitdaging

2009-08-04 08:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. - Schalk Burger en Adi Jacobs sal moet baklei om hul plekke in die Springbokke se beginspan te herwin.

Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het gister gesê hef aan lê voor vir die ysterflank Burger en vlugvoetige senter Jacobs om die uitsoek-vyftiental weer te haal ná die goeie spel van Heinrich Brüssow en Jaque Fourie die laaste weke.

Brüssow het die geskorste Burger se skoene met groot welslae teen die All Blacks vol gestaan, terwyl Fourie met ewe veel sukses die beseerde Jacobs se plek in die Bokke se middelveld teen die Nieu-Seelanders geneem het.

De Villiers het bevestig dat die magsbalans van Bok-rugby versteur is.

“Daar lê vir die manne wat voorheen daar was, ’n groot uitdaging voor,” het hy gesê toe hy oor Brüssow se impak uitgevra is.

“Selfs ’n ou soos Adrian Jacobs, wat voorheen voor in die ry was, gaan nou sukkel om sy plek terug te kry. Dis goed om te weet ons tweede linie kan nét so goed vaar wanneer hulle die verantwoordelikheid gegee word,” sê De Villiers oor sy eerstekeuse-spelers wat die toetse teen die All Blacks misgeloop het.

Die veelsydige Bok-agterspeler Ruan Pienaar is ook weer reg nadat hy die naweek se sege van 31-19 oor Nieu-Seeland in Durban weens ’n enkelbesering misgeloop het.

Dis egter moeilik om te sien hoe Morné Steyn as losskakel gepos kan word ná sy punterekord teen die Kiwi’s.

Burger het sy Bok-spanmaats gister gehelp met ’n afrigtingskliniek wat die Springbokke in die Boland-stadion in Wellington gehou het.

Sy skorsing verstryk op 22 Augustus en hy sal vir Suid-Afrika se oorsese Drienasies-wedstryde teen Australië en Nieu-Seeland beskikbaar wees.

Maar Brüssow het in Burger se afwesigheid besonder goed gevaar teen die Britse en Ierse Leeus én teen die All Blacks se kaptein, Richie McCaw, sy man gestaan.

Fourie het ook die laaste weke sy waarde onderstreep. Hy het ’n kritieke drie in Suid-Afrika se terugvegpoging in die tweede toets teen die Leeus gedruk, en het Saterdag teen die All Blacks sterk vertoon.

De Villiers het ook bevestig daar is geen beserings in die Bok-kamp nie ná die sege oor die All Blacks.

Dit is goeie nuus vir die Bokke, wat beswaarlik vir ’n beter begin tot hul Drienasies-veldtog kon gevra het as die twee tuisseges oor Nieu-Seeland.

Maar die Wallabies sal Saterdag op Nuweland ’n nuwe uitdaging bied.

“Hulle is baie meer gestruktureerd en hou jou langer besig. Daar word langer deur fases gespeel en hulle dwing jou om onkant te gaan. Hulle het ook goeie skoppers,” sê die Bok-breier.

“Dit sal anders wees as teen die All Blacks, maar ons sal konsentreer op wat ons goed doen.”

Die Wallabies sal sonder twyfel ook beter in die lynstane vaar teen die Bokke as wat die All Blacks vertoon het.

“Hulle skenk meer aandag aan detail in die lynstane, maar is meer negatief as die All Blacks in die skrums. As Australië nie daar die oorhand kry nie, sal hulle grond toe gaan in ’n poging om ’n strafskop te melk.”

De Villiers het bygevoeg dat die Bulls-losskakel Steyn nog heelwat beter kan speel, ondanks sy puik poging teen die All Blacks.

“Morné kan sy lyn vinniger wegkry en meer spasie skep.

“Hy het ’n briljante skopvoet, maar is nog nie ’n volmaakte speler nie. Daar is nog ruimte vir verbetering.”

De Villiers voel ook só oor die Bok-span se vertoning in sy geheel, maar kla nie oor wat die Bokke tans onder sy leiding vermag nie.

“Ons streef na perfeksionisme en goeie besluitneming.

“Die doelwit is om te wen – solank ons dít goed genoeg doen, is dit heeltemal aanvaarbaar,” sê hy.

–Sport24

Lees meer oor: rugby  |  springbokke

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.