Sarpa help spelers ophef

2010-05-05 08:39
Tweets Share Share line Print

Marco Botha

Kaapstad - Die toekomsvooruitsigte van plaaslike rugbyspelers, wat reeds op ’n jong ouderdom beroepskontrakte met unies gesluit het, is iets wat weens ’n gebrek aan naskoolse opleiding baie maklik in onsekerheid gedompel kan word.

Juis hieroor het die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (Sarpa) einde verlede jaar onder 97 plaaslike beroepspelers, onder wie Springbokke, navorsing gedoen.

Volgens Piet Heymans, Sarpa se uitvoerende hoof, het Suid-Afrika en Nieu-Seeland elk nagenoeg 600 beroepspelers, teenoor Australië se 150.

Hoewel die lande sosio-ekonomies baie verskil, het net 18,8% van Suid-Afrikaanse spelers grade, terwyl die Aussies teen 2008 met 79% kon spog.

Voorts is 58,3% van die land se beroepspelers se hoogste kwalifikasie matriek.

In die lig hiervan, met die Boland as die eerste “proefkonyn”, het Sarpa ’n welvaart-bestuurskursus van vyf weke onder gewillige spelers van stapel gestuur.

“Jy kry ’n basiese kwalifikasie wat jou die dag wat jy ophou speel ’n voet in die deur gee by enige instansie wat onder die FDR (Finansiële Diensteraad) resorteer,” het Heymans gesê.

“Ons wil meer suksesvolle ouens soos Bismarck du Plessis (makelaar) in Suid-Afrika hê. Wanneer hy by die Sharks klaar geoefen het, trek hy sy pak klere aan om kliënte te gaan sien,” het Heymans gesê.

Maar hy meen Suid-Afrika se Sanzar-vennote is hom ver voor. “Australië het al 10 jaar gelede fondse (van die regering en Australiese Rugby-unie) gekry om sy spelers vir ’n lewe ná rugby voor te berei.

Teen 2008 was 79% van Australiese oud-rugbyspelers in die beroep van hul keuse en 85% gelukkig met die lewe ná hul uittrede.”

As deel van Nieu-Seeland se professionele ontwikkelingsprogram het dié land reeds in 2001 by elke Super-rugbyspan ’n “professionele ontwikkelingsbestuurder” aangestel, wat seker maak dat die spelers onder meer suksesvol studeer terwyl hulle heeltyds rugby speel.

Dat net sowat ’n vyfde van Suid-Afrikaanse beroepspelers tans tersiêre opleiding ontvang, gee straks aanleiding daartoe dat net minder as die helfte weet wat hulle ná hul rugbyloopbane wil doen.

Danré Gerber, ’n Bolandse agterspeler en seun van die oud-Springbok Danie, volg tans Sarpa se kursus, en hieroor het hy aan Sport24 gesê: “Ek gaan nog ’n graadkursus doen, maar vir nou vind ek hierdie kursus baie interessant.

“Hoewel dit op ’n lewe ná rugby gemik is, help dit ook om as speler ’n mens se geldsake beter te bestuur.”

Oor die tyd ná ’n rugbyloopbaan het Danie Gerber gesê: “Rugby is ’n kort en onseker loopbaan. Vir ouens by klein unies sou ek aanraai om hul salarisse met nog werk of kwalifikasies aan te vul.

“Maar dit is die groot unies wat my die meeste bekommer. Hulle kontrakteer hordes jong spelers, maar net ’n handjievol speel uiteindelik suksesvol beroepsrugby.

En as die ander hulle weer kan kry, sit hulle sonder enige kwalifikasie. Daarom moet ’n mens altyd iets hê om op terug te val.”

In Amerika het ’n interessante voorval hom verlede maand afgespeel, volgens bleacherreport.com. Die NFL, die voorste Amerikaanse voetbal-liga, trek jaarliks in hierdie tyd jong spelers vanuit die land se beste universiteitspanne.

Myron Rolle van die Florida State University was verlede jaar bo-aan hierdie keurlys, maar het dit vanweë ’n Rhodes-beurs om aan die Oxford-Universiteit verder te studeer, van die hand gewys.

Ná sy dae as speler wil hy ’n breinchirurg word. Maar vanjaar het die aanvraag na dié begaafde speler getaan, aangesien sy “vlak van toewyding aan die spel” bevraagteken word.

Volgens Heymans was dit sommige SA rugbybase se houding toe die akademiese opheffing van spelers aan hulle voorgehou is. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

dawie.stegmann sê... Peter Div! Jy was aangestel om politiese redes, maar afgedank omdat Jy 'n verleentheid vir die hele SA se sportgemeenskap was. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.