Sarel vroeër op pad na Waratahs

2011-10-12 09:05
Tweets Share Share line Print

Die derby Saterdag in die Vrystaat-stadion is allig Sarel Pretorius se laaste rugbywedstryd vir die Poubloues.

Dié woelige skrumskakel se volgende verskyning op dié veld sal in die gewaad van die Waratahs wees.

Ná 2012 se Super Rugby-reeks sal die Vrystaat-stadion sy nuwe tuiste word, want hy gaan aanstaande jaar vir die Vrystaat in die Curriebeker-reeks beskikbaar wees.

Dit alles sal Saterdag hier deur sy gedagtes maal wanneer Griekwas die Vrystaat in ’n belangrike Curriebeker-wedstryd in vanjaar se reeks pak.

Griekwas het ’n bitter skrale kans om nog by die agterdeur in te glip, terwyl die tuisspan ’n tuishalfeindstryd in sy visier het.

Pretorius sê hulle is nie veel gepla oor die punteleer nie, maar hulle wil die reeks goed eindig.

“Dit is die laaste seisoen vir ’n paar van ons soos ek en Riaan (Viljoen) by Griekwas.

“Ons sal graag op ’n hoë nooit wil eindig,” sê Pretorius.

Viljoen, eintlik heelagter, was losskakel met Griekwas se laaste klompie wedstryde. Dié veelsydige agterspeler verhuis eersdaags na Durban.

Dié twee sterre van Griekwas het hul tuisskare verlede week gepas gegroet met ’n sege oor die gedugte Bulle. Dit was ’n goeie afskeidgeskenk en hulle wil nou ook met ’n sege totsiens sê.

Pretorius groet einde vandeesmaand sy vriende en familie om hom by die Waratahs vir die Super Rugbyreeks aan te sluit.

Super Sarel vlieg reeds op 27 Oktober na Sydney.

Sy eerste doelwit in Australië sal wees om so gou as moontlik in te skakel en hom spoedig te probeer vestig.

“Hulle het juis gevra ek moet probeer om bietjie vroeër soontoe te gaan om almal te leer ken en om so gou moontlik by hulle stelsels in te val.”

Pretorius sal met Kersfees en Nuwejaar vir ’n paar dae terug by die huis wees.

Hy sien geweldig uit na die uitdaging wat in Australië op hom wag. Hy is bereidwillig om te gaan leer en skerts dat die Aussies ook van hom kan leer.

Ofskoon hy vanjaar, ná ’n uitstekende Super Rugbyreeks vir die Cheetahs, oor die hoof gesien is, droom Pretorius steeds daarvan om eendag vir sy land te speel.

“Dit is maar van kleintyd af ’n ou se droom om eendag vir die Springbokke te speel.”

Hy glo sy spel kan by sy Waratahs-besoek baat vind.

Die Waratahs speel volgende jaar op 26 Mei in die Vrystaat-stadion teen die Cheetahs.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: waratahs  |  griekwas  |  rugby  |  sarel pretorius

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Waar is Robert Eberson? Ons sit met 'n binne-senter krisis! Jean DV & Wynand Olivier kan nie eers 'n bal versprei meer nie. Anton, Kitshoff is uitstekend; kort net nog 'n bietjie ervaring. Dean is goeie keuse, maar Werner Kruger kan nie skrum om sy lewe te red nie. By the way, dis 'n SPRINGBOK span, nie 'n PROVINSIALE/NASIONALE eerste span nie. vergeet van tel van provinsiale spelers. die beste spelers moet gekies word!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.