Saracens kom speel in Kaapstad
2011-10-05 14:56
Kaapstad – Die Engelse klubrugbyspan Saracens het Woensdag aangekondig dat hulle in Januarie volgende jaar in 'n Heinekenbeker-wedstryd teen Biarritz in Kaapstad gaan speel.
Die organiseerders van die Heinekenbeker en die Internasionale rugbyraad (IRR) het die nuus bevestig nadat Saracens reeds verlede jaar in Julie gepraat het oor die moontlikheid om in Suid-Afrika te speel.
Dié inisiatief volg na die Sharks en Crusaders se Super Rugby-kragmeting vroeër vanjaar op Twickenham.
Met 'n groot groep Suid-Afrikaanse spelers (Brad Barritt, Ernst Joubert, Neil de Kock en Schalk Brits) in die span was dit geen verrassing toe Kaapstad as gasheer vir die beplande wedstryd aangekondig is nie.
Die Springbok-kaptein John Smit sluit na afloop van vanjaar se Wêreldbeker ook by Saracens aan.
Die aankondiging het nietemin negatiewe reaksie van ondersteuners ontlok.
"'n Baie slegte besluit wat 'n klap in die gesig is vir lojale Saracen-ondersteuners" en "So die grootste tuiswedstryd van die seisoen word 6 000 myl ver gespeel, goeie besluit Sarries", was van die kommentaar wat op die span se webtuiste verskyn het.
Lees verder.
– Keo