SUT is Varsityskild-kampioene

2011-04-04 22:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die span van FNB Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) in Bloemfontein het die eerste span geword om die Varsityskild te lig toe hulle FNB Wits met 25-18 geklop het in ‘n taai eindstryd in Johannesburg.

Die span van Bloemfontein het eerste toegeslaan toe hulle ruimte aan die buitekant geskep en die regtervleuel Alec Mhlanga deurgestuur het vir ‘n drie ná slegs drie minute.

Wits het egter kort daarna gedruk, met die kaptein en skrumskakel, David Turnbull, wat ná ‘n hanteerfout deur SUT deurgebars en uitgegee het na sy losskakel, Greg Blom. Blom het die bal wyd gestuur na die slot Charles Baggott, wat in die hoekie gedruk het.

Jaco Oosthuizen, SUT-senter, kon kort daarna skaars sy geluk glo toe hy ‘n aangee op Wits se doellyn onderskep en oorgeduik het.

Die rustydtelling was 20-11 in SUT se guns.

Wits het egter ná die rustyd met nuwe doelmatigheid gespeel en is beloon met ‘n drie deur die regtervleuel Riaan Arends ná ‘n uitstekende dartellopie.

Die besoekers het egter daarin geslaag om weer te gaan druk toe Mhlanga, wat die man van die wedstryd-toekenning ontvang het, in die hoekie gedruk het.

Dit het die telling tot op 25-18 gebring en SUT kon vir die laaste tien minute aan dié voorsprong vasklou en die trofee lig.

Die Varsitybeker-eindstryd word volgende Maandag tussen Tuks en UK in Pretoria gespeel.

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: varsitybeker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Waar is Robert Eberson? Ons sit met 'n binne-senter krisis! Jean DV & Wynand Olivier kan nie eers 'n bal versprei meer nie. Anton, Kitshoff is uitstekend; kort net nog 'n bietjie ervaring. Dean is goeie keuse, maar Werner Kruger kan nie skrum om sy lewe te red nie. By the way, dis 'n SPRINGBOK span, nie 'n PROVINSIALE/NASIONALE eerste span nie. vergeet van tel van provinsiale spelers. die beste spelers moet gekies word!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.