SA'ner in Wallis se Sesnasies-groep
2013-01-15 17:56
Cardiff – Die Suid-Afrikaanse voorspeler en kaptein van die Cardiff Blues Andries Pretorius is opgeneem in Wallis se groep vir die opkomende Sesnasies-reeks.
Die 27-jarige boorling van Nelspruit is een van vyf nuwelinge en het in Desember gekwalifiseer om vir die Drake gekies te word.
Die 2012-kampioene begin hul Sesnasies-veldtog op 2 Februarie teen Ierland in Cardiff waarna hulle die volgende naweek teen Frankryk in Parys uitdraf.
Wallis:
Voorspelers: Scott Andrews (Blues), Craig Mitchell (Exeter Chiefs), Adam
Jones (Ospreys) Paul James (Bath), Gethin Jenkins (Toulon), Ryan
Bevington (Ospreys), Richard Hibbard (Ospreys), Ken Owens (Scarlets),
Matthew Rees (Scarlets), Ryan Jones (Ospreys) Lou Reed (Blues), Ian
Evans (Ospreys), James King (Ospreys), Andrew Coombs (Dragons), Josh
Turnbull (Scarlets), Josh Navidi (Blues), Aaron Shingler (Scarlets),
Justin Tipuric (Ospreys), Sam Warburton (Scarlets), Toby Faletau
(Dragons), Andries Pretorius (Blues)
Agterspelers: Tavis Knoyle (Scarlets), Mike
Phillips (Bayonne), Lloyd Williams (Blues), Dan Biggar (Ospreys), James
Hook (Perpignan), Jonathan Davies (Scarlets), Jamie Roberts (Blues),
Scott Williams (Scarlets) Alex Cuthbert (Blues), George North
(Scarlets), Eli Walker (Ospreys), Leigh Halfpenny (Blues), Liam Williams
(Scarlets), Lee Byrne (Clermont).
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24