SA'ner in Eng-span vir Sesnasies
2011-02-10 10:50
Londen - Die Suid-Afrikaner Hendre Fourie is deur Engeland se breier Martin Johnson gekies vir die Rose se Sesnasies-wedstryd Saterdag teen Italië.
Fourie het van sy kuitbesering herstel en is as losvoorspeler in Engeland se 22-tal opgeneem.
Die Suid-Afrikaner vervang Joe Worsley wat verlede naweek in Cardiff as plaasvervanger in die openingswedstryd teen Wallis opgedraf het.
Engeland het Wallis met 26-19 geklop.
Worsley is deel van 12 Engeland-spelers wat beskikbaar gestel is om vir hul klubspanne in dié naweek se Premierliga-wedstryde te speel.
Nick Abendanon, George Chuter, Alex Corbisiero, Paul Doran-Jones, Phil Dowson, Riki Flutey, Charlie Hodgson, Joe Simpson, James Simpson-Daniel, George Skivington en David Strettle is ook almal beskikbaar gestel.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24