SA-skolespan speel teen Italië
2009-08-03 14:49
Kaapstad – Die Vrystaatse skrumskakel Pieter Rademan is aangewys om aan stuur van sake te wees as die Suid-Afrikaanse skolespan te staan kom teen die Italiaanse skolespan.
Dié span bestaan uit 10 spelers wat deel was van die 2009 o.18- Cravenweek-wedstryd teen WP en Vrystaat in Oos-Londen verlede maand.
“Ek voel baie geëerd en bevoorreg om in ‘n posisie te wees om só ‘n talentvolle span af te rig,” het Chris October, afrigter van die span, gesê.
“Die spelers wat gekies is, was die beste presteerders in hul posisies by die onlangse Craven-week. Ons speel twee internasionale wedstryde en ek sien uit daarna om al 22 spelers in aksie te sien.”
October het gesê behalwe vir die spelers wat met skete en kneusmerke in Oos-Londen aangekom het, verloop hul voorbereidings vir Dinsdag se wedstryd goed.
Die span is: Riaan Britz, Sizo Maseko , Brian Skosana, Piet Lindeque, Andile Jho, William van Wyk, Pieter Rademan, Siya Kolisi, Jean Cook, Lean Schwartz, Carl Wenger, FrederickSchnetler, Jozua Malherbe, Bongi Mbonambi, Stephanus Kotze
Reserwes: Siyabonga Ntubeni, Zolani Faku, Chris Cloete, Nizaam Carr, Kobese Bangihlonbe, Tony Jantjies, Philippus du Plessis.