SA-rugbymuseum sonder tuiste
2011-11-10 12:10
Kaapstad – Suid-Afrika se rugbymuseum op Nuweland in Kaapstad, se deure is vanaf Vrydag tydelik gesluit.
Historiese rugbytruie, dokumente en boeke sal weggebêre word totdat 'n nuwe perseel vir die museum gevind word.
"Die museum moet opgeknap word om dit meer interaktief en relevant tot die geskiedenis van rugby in alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe te maak," het Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux gesê.
"Vir langer as 'n dekade het niks verander nie en behalwe op wedstryddae ontvang die museum baie min besoekers."
"Ons het interessante idees om dit meer toeganklik en relevant te maak vir Suid-Afrikaners, maar dit gaan alles tyd neem," het hy gesê.
Roux het bygevoeg dat Saru in die beginfase is om 'n permanente plek vir die museum te identifiseer."
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24