‘SA rugby nog te wit’

2011-08-07 08:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Rasseherrie dreig weer in Suid-Afrikaanse rugby.

Oregan Hoskins, Suid-Afrika se rugbybaas, het gister gesê hy is “hoogs ontevrede” omdat die spanne wat in die Curriebeker-kompetisie en die nasionale o.19- en o.21-reekse speel, steeds leliewit is – en dít nadat hy reeds drie weke gelede die onderskeie provinsiale unies in ’n brief daaroor aangespreek het.

Hoskins se ontevredenheid volg op berigte die afgelope week dat sekere klubs in die Westelike Provinsie ook ongelukkig is omdat van dié unie se spanne “te wit” is. Boonop is die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Dinsdag in die parlement oor transformasie geroskam.

Hoskins het aan Rapport gesê hy is bitter ongelukkig oor die huidige stand van sake wat transformasie in rugby betref.

“Dis onaanvaarbaar dat sekere unies nog leliewit spanne kies. Saru is verbind tot transformasie, maar nie al die unies bring hul kant nie,” het die spel se grootbaas gesê.

Hoskins het aan Rapport bevestig dat hy reeds drie weke gelede ’n brief aan al 14 die provinsiale unies gestuur het waarin hy die kwessie aangeroer het.

In September verlede jaar het Hoskins ook die unies oor transformasie vermaan nadat Louis von Zeuner, adjunk- uitvoerende hoof van Absa, in ’n SMS aan die rugbybaas sy kommer oor die gebrek aan verteenwoordiging in die onderskeie Curriebeker-spanne uitgespreek het.

Dít het ’n reuse-herrie landwyd tot gevolg gehad en die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n veldtog teen Absa begin wat daartoe gelei het dat duisende Absa-kliënte gedreig het om hul rekeninge te sluit.

Von Zeuner het destyds ontken dat hy met dié SMS aan Hoskins voorgeskryf het dat ’n kwotastelsel in rugby gevolg moet word.

Hy het gesê Absa se standpunt is dat spelers wat die potensiaal toon, die kans gegun moet word om te ontwikkel en hul talent ten toon te stel.

Hoskins se brief verlede maand aan die unies kom nadat die Haaie geen gekleurde spelers in hul span gehad het vir hul Curriebeker-kragmeting teen die Blou Bulle nie.

Die Cheetahs het dieselfde naweek net een gekleurde speler in hul span gehad toe hulle teen die Luiperds gespeel het.

“Net 17% van die spelers wat daardie naweek in die onderskeie provinsiale kompetisies gespeel het, was gekleurde spelers. Dit is te min en ons moet daarop verbeter,” sê Hoskins.

Hoewel daar geen amptelike kwotastelsel meer in rugby is nie, het Hoskins aan Rapport gesê hy is oortuig dat die regering dit gaan herinstel as die unies voortgaan om so min gekleurde spelers te kies.

Die unies word in sekere kringe daarvan beskuldig dat hulle slegs ’n handvol gekleurde spelers kontrakteer en dat dié spelers nie “vervang” word as hulle beseer of by die Springbokke betrek word nie.

Wat die Springbok-span betref, het Hoskins gesê hy is tevrede met die samestelling nadat die afrigter, Peter de Villiers, ses gekleurde spelers in die groep van 24 ingesluit het.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
99 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Waar is Robert Eberson? Ons sit met 'n binne-senter krisis! Jean DV & Wynand Olivier kan nie eers 'n bal versprei meer nie. Anton, Kitshoff is uitstekend; kort net nog 'n bietjie ervaring. Dean is goeie keuse, maar Werner Kruger kan nie skrum om sy lewe te red nie. By the way, dis 'n SPRINGBOK span, nie 'n PROVINSIALE/NASIONALE eerste span nie. vergeet van tel van provinsiale spelers. die beste spelers moet gekies word!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.