Ruan bly tot 2014 by Ulster

2012-01-13 09:45
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Hy word soos ’n familielid in Belfast behandel en dit was vir Ruan Pienaar ’n maklike besluit om sy kontrak met Ulster te verleng.

Dié 27-jarige veelsydige Springbok-skrumskakel is nou tot einde 2014 vir sy Ierse rugbyklub beskikbaar nadat hy hom in 2010 van die Sharks af by Ulster aangesluit het.

Hy, Fourie du Preez (Suntory Sungoliath), Michael Claassens (Bath) en Neil de Kock (Saracens) is van die Bok-skrumskakels wat hul rugby oorsee speel.

“Hy geniet die klub en die mense in Belfast baie. Hy het goeie vriende daar, onder andere Johann Muller en sy gesin met wie hy al jare lank bevriend is,” het Gerrie Swart, agent van Pienaar, gesê.

Muller is kaptein van ’n Ulster-span wat wemel van Suid-Afrikaanse spelers wat ook die agtsteman Pedrie Wannenburg, die senter Stefan Terblanche en die losvoorspeler Robbie Diack insluit.

Swart het gesê Ulster se uitvoerende hoof, David Humphreys, is ’n jong dinamiese administrateur wat as ’n voormalige toetsspeler baie goed met Pienaar werk en mooi na al sy belange omsien.

“Hy verstaan beroepsrugby vanuit sy ondervinding as ’n speler en het ’n eerlike verhouding met Ruan.

Dit bring mee dat Ruan presies weet wat sy rol in die span nou en oor die volgende twee jaar sal wees.

“Gevolglik het Ruan gemoedsrus oor sy loopbaan en kan hy fokus op die verwagtinge wat die klub van hom koester in ’n stabiele, deursigtige professionele werkplek,” het Swart gesê.

Pienaar, wat die Bokke in 51 toetse verteenwoordig het, vaar goed in Europese toestande en is in 2010 as Ulster se Speler van die Jaar aangewys.

Hy is dieselfde jaar ook as die Magnersliga se Speler van die Jaar bekroon.

“Ek het my eerste twee seisoene hier (in Belfast) baie geniet en goeie vriende gemaak. Die mense in Belfast het my en my gesin met ope arms verwelkom – dit het my besluit vergemaklik,” het Pienaar op sy klub se webwerf gesê.

Vanweë ’n nuwe beleid in Ierse rugby mag Pienaar se kontrak nie ná 2014 verleng word nie en kan dit meebring dat die oud-Vrystater sy loopbaan dan in Suid-Afrika sal kom afsluit.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: ruan pienaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Waar is Robert Eberson? Ons sit met 'n binne-senter krisis! Jean DV & Wynand Olivier kan nie eers 'n bal versprei meer nie. Anton, Kitshoff is uitstekend; kort net nog 'n bietjie ervaring. Dean is goeie keuse, maar Werner Kruger kan nie skrum om sy lewe te red nie. By the way, dis 'n SPRINGBOK span, nie 'n PROVINSIALE/NASIONALE eerste span nie. vergeet van tel van provinsiale spelers. die beste spelers moet gekies word!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.