Ross, Kyle kry kans teen Griekwas
2011-09-22 08:00
Johannesburg – Daar is net twee veranderings aan die Haaie se rugbyspan vir Vrydagaand se Curriebeker-wedstryd op Kingspark in Durban teen Griekwas.
Ross Cronjé begin as skrumskakel in die plek van Conrad Hoffmann en Kyle Cooper is die nuwe haker, aangesien Craig Burden beseer is.
Op die plaasvervangersbank keer Charl McLeod, Ross Skeate en Wiehahn Herbst ná beserings terug.
Die haker Monde Hadebe is ’n nuwe gesig in die 22-tal.
John Plumtree, afrigter, het besluit dit sal nie help om te veel aan die span te karring, wat die afgelope naweek in Bloemfontein teen die Cheetahs verloor het nie.
Griekwas sal sonder sy ster-skrumskakel Sarel Pretorius moet klaarkom, berig Gerdie Karstens.
Pretorius word deur Marnus Hugo vervang.
Hendrik Roodt het van sy arm-besering herstel en sal saam met Frikkie Spies die slotpaar uitmaak.
Spies vervang Martin Muller, wat die res van die seisoen met geskeurde enkelligamente buite aksie sal wees.
Justin Downey vervang die flank Marnus Schoeman, een van Griekwas se uitblinkers teen die Pumas.
Die spanne is:
Haaie:
Stefan Terblanche, Sibusiso Sithole, Marius Joubert, Meyer Bosman, Lwazi Mvovo, Frederic Michalak, Ross Cronjé, Keegan Daniel (k), Jean Deysel, Jacques Botes, Alistair Hargreaves, Anton Bresler, Eugene van Staden, Kyle Cooper, Dale Chadwick.
PLAASVERVANGERS: Monde Hadebe, Wiehahn Herbst, Ross Skeate, Marcell Coetzee, Charl McLeod, Adrian Jacobs, Louis Ludik.
Griekwas:
Riaan Viljoen, Dusty Noble, Wilmaure Louw, Matt Rosslee, Rocco Jansen, Earl Rose, Marnus Hugo, Jonathan Mokeuna, Davon Raubenheimer, Justin Downey, Frikkie Spies, Lourens Adriaanse, Ryno Barnes, Ivann Espag.
PLAASVERVANGERS: Simon Westraadt, Steph Roberts, Leon Karemaker, Marnus Schoeman, Hanno Coetzee, Monty Dumond, Rudi Vogt.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24