Rose kry jong kaptein vir Sesnasies-stryd teen Skotte
2012-01-30 15:28
Londen – Die 25-jarige senter van die Harlequins Chris Robshaw sal Engeland in hul Sesnasies-openingswedstryd teen Skotland lei.
Met Lewis Moody uitgetree, Mike Tindall uit die span gelaat en Tom Wood beseer, het die Engelse rugbyunie (RFU) Maandag aangekondig dat Robshaw Engeland in slegs sy tweede toets, op Murrayfield sal lei.
Robshaw het sy debuut in 2009 teen Argentinië gemaak. Hy is nie vir verlede jaar se Wêreldbeker-groep gekies nie, maar het lof ontvang vir sy houding tydens oefensessies voordat hy uit die span weggelaat is.
Stuart Lancaster het gesê hy beplan nie om 'n permanente kaptein tydens sy tyd as tussentydse afrigter aan te stel nie, maar sal eerder uit 'n groep leiers kies wat volgens omstandighede aangestel word.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP