Rhule gaan 'sewes-staal' in George wys
2012-11-26 14:05
Kaapstad – Die Cheetahs se spoedvraat Raymond Rhule sal by die Premierliga-sewestoernooi in aksie wees.
Die toernooi spog met prysgeld van R1 miljoen en vind op 14 en 15 Desember op Outiniqua Park in George plaas.
Willie le Roux, Ryno Benjamin, Boom Prinsloo, Sarel Pretorius en die nuweling Johann Sadie is ook in die Cheetahs se sewesspan ingesluit.
"Ek het Raymond [Rhule] as 'n skoolseun vir HTS Louis Botha in die skole se sewesreeks sien speel en dit was toe reeds duidelik dat hy eendag 'n briljante speler gaan wees," het die toernooi se promoter, Willem Strauss, gesê.
Bevestigde spanne:
Leeus: Willie Brits, Ruan Combrinck, Derick Minnie, Claude Tshibidi, Andries Coetzee, Whestley Moolman, Morné Laubscher, Ruhan Nel, Jacques Nel, James Bester, Senzo Shabalala, Gideon Meiring.
Cheetahs: Ryno Benjamin, Robbie van Schalkwyk, Marnus Schoeman, Torsten van Jaarsveld, Leon Karemaker, Boom Prinsloo, Pieter van Zyl, Sarel Pretorius, Willie le Roux, Riaan Smit, Barry Geel, Cameron Jacobs, Raymond Rhule, Philip Burger, Kevin Luiters, Johann Sadie.
Lees verder.
Vird die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Rugby365