Rhodes terug vir Leeus
2011-07-27 13:18
Kaapstad – Michael Rhodes maak sy terugkeer vir die Leeus nadat hy sy skorsing van ses weke vir gevaarlike spel in 'n Super Rugby-wedstryd uitgedien het.
Rhodes is op die plaasvervangerbank gekies vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting teen die Luiperds in Johannesburg.
Hy is in Mei vir ses weke gekors nadat hy uitgewys is vir 'n gevaarlike kopklem op die Highlanders se Siale Piutau.
Josh Strauss sal die Leeus in die plek van die beseerde Doppies la Grange aanvoer. En die voormalige senter van die Cheetahs Alwyn Hollenbach sal La Grange se nr. 12-trui dra.
Met Hollenbach se plek op die plaasvervangerbank leeg is Dylan des Fountain as reserwe nadergetrek.
So lyk die span:
15 Michael Kilian; 14 Lionel Mapoe, 13 Waylon Murray, 12 Alwyn Hollenbach, 11 Deon van Rensburg; 10 Burton Francis, 9 Jano Vermaak; 8 Josh Strauss (kaptein), 7 Derick Minnie, 6 Baywatch Grobbelaar, 5 Franco van der Merwe, 4 Wikus van Heerden, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Bandise Maku, 1 Pat Cilliers.
Plaasvervangers: 16 Martin Bezuidenhout, 17 JC van Rensburg, 18 Joe Snyman, 19 Michael Rhodes, 20 Michael Bondesio, 21 Hein Cronjé, 22 Dylan des Fountain.
Afskoptyd Saterdag in Johannesburg is 17:00.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24