Rekord wink vir Terblanche
2011-10-06 14:47
Durban – Die Haaie se afrigter, John Plumtree, het vier veranderinge gemaak aan die span wat Saterdag in die Curriebeker-wedstryd teen die Luiperds uitdraf.
Gouws Prinsloo vervang Stefan Terblanche, wat na die plaasvervangersbank skuif, op heelagter in die beginspan.
Terblanche sal Saterdag die eerste Suid-Afrikaanse speler word wat 100 wedstryde in albei die Curriebeker- en Super Rugby-reekse gespeel het.
Adrian Jacobs is op buitesenter vir die wedstryd by die Royal Bafokeng-stadion buite Rustenburg gekies.
Conrad Hoffmann sal die nr. 9-trui oor sy kop trek nadat aangekondig is dat Charl McLeod die res van die Curriebeker-seisoen op die krukkelys sal wees.
So lyk die span:
Gouws Prinsloo, Sibusiso Sithole, Adrian Jacobs, Meyer Bosman, Lwazi Mvovo, Frederic Michalak, Conrad Hoffmann, Keegan Daniel (kaptein), Marcell Coetzee, Jacques Botes, Ross Skeate, Jean Deysel, Eugene van Staden, Kyle Cooper, Dale Chadwick.
Plaasvervangers: Monde Hadebe, Wiehahn Herbst, Anton Bresler, Jan Andre Marais, Ross Cronje, Marius Joubert, Stefan Terblanche.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24