Rekord wink vir Dan Carter in Dublin
2010-11-19 12:42
Kaapstad - Die All Blacks se losskakel Daniel Carter kan Saterdag in Nieu-Seeland se toets teen Ierland op die Aviva-stadion in Dublin, die voorste puntemaker in internasionale rugby word.
Die 28-jarige All Black is slegs 20 punte agter Engeland-held Jonny Wilkinson se rekord van 1,178 punte.
"Dit sal wonderlik wees as ek die rekord Saterdag kan breek, maar my eerste doelwit is om die All Blacks te help wen," het Carter aan www.stuff.co.za gesê.
Die wedstryd teen Ierland sal ook 'n rekord vir kaptein Richie McCaw en heelagter Mils Muliaina wees, wanneer albei in hul 93ste toets vir Nieu-Seeland uitdraf.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24