Reëls dalk turksvy vir Hane

2010-06-12 11:15
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Benewens die Springbokke, het die Franse rugbyspan vandag op Nuweland ook die nuwe toepassing van sommige reëls om te oorkom.

In die eerste klompie weke van die Super14-reeks is daar gespook om veral by die afbreekpunte sommige baljagterinstinkte af te leer.

Die kort tyd waarin die Hane dít moet baasraak, sal sommige Bok-ondersteuners laat dink dis 1-0 vir Suid-Afrika voor die afskop.

Maar die Hane se kaptein, Thierry Dusautoir, verskil: “Dit gaan moeiliker wees. Maar wanneer daar in die verlede nuwe reëls in ons plaaslike kompetisie ingestel is, het dit so drie of vier oefeninge geneem om daarby aan te pas.

“Ek glo ons sal slim genoeg wees om nie te veel punte daar (in die losskrums) af te staan nie.”

Die Franse het al gewys hulle kan die Bokke fisiek aanvat en selfs oordonder.

Dit is dalk juis oor die bykomende faktor dat hul breier, Marc Lievremont, vroeër vandeesweek gesê het die stryd tussen die losvoorspelers gaan deurslaggewend wees.

Voeg die Nieu-Seelandse blaser Bryce Lawrence in die drukkoker en die Hane kan hul vingers verbrand indien hulle nie betyds met die nuwe toepassing van die reëls gekonfyt raak nie.

“Ek sal ’n bietjie aan my speelstyl moet verander, maar ek sal my bes probeer,” het Dusautoir hieroor gesê. Of “probeer” teen spelers soos Francois Louw en Schalk Burger genoeg gaan wees, is te betwyfel.

Maar dalk sukkel dié Fransman net om hom lekker in Engels uit te druk, want hy het dit met die onheilspellende grynslag van ’n skerpskutter gesê.

Dusautoir het bygevoeg dat die belangrikheid van skrums en lynstane in die uitslag van ’n wedstryd nie uit die oog verloor moet word nie.

Einde verlede jaar kon hulle die skrumboksie met ’n groot regmerkie aftik; en Victor Matfield en Bakkies Botha het kort ná mekaar die veld met bloedbeserings verlaat.

“Die Springbokke speel wel nog dieselfde soort rugby.

“Hulle is fisiek en die voorspelers baie groot, maar ek het opgelet dat hulle deesdae ook ’n hoër intensiteit en rykheid in hul spel het.

“Ons sal gereed wees,” het Lievremont gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter  te volg.

- Die Burger

Lees meer oor: springbokke  |  rugby

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: °C Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: °C PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.