Reds oorrompel die Lions
2011-04-02 17:08
Johannesburg - Die Reds het die Lions met 30-25 geklop in dié twee spanne se Super Rugby-wedstryd Saterdag by Ellis Park in Johannesburg.
Die Lions was teen halftyd met 14-10 voor.
Quade Cooper het sy vleuel Luke Morahan vir 'n drie oorgestuur en daarna self punte aangeteken om 'n Reds-agterstand van 11-0 om te keer en sodoende sy span se wenrekord op 5-1 te staan te bring.
Die senter Digby Ioane het met slegs 15 minute oor ook agter die doellyn gaan kuier, en die heelagter Mike Harris het ses uit sy ses skoppe oor die pale gestuur.
Die Lions se punte is aangeteken deur die skopskoen van Andre Pretorius en 'n drie in die 17de minuut deur Michael Killian. Ioane het 'n kans om punte aan te teken aan Jaco Taute weggegee in die eerste sekondes van die tweede helfte, maar die Reds het daarna geleidelik die oorhand begin kry.
- Sport24
Neem deel aan ons meningspeiling hieronder oor televisiekommentators vir hierdie wedstryd.
Stem
Hoe sou jy John van Rensburg se kommentaar beskryf in dié kragmeting?
Stem
Hoe sou jy Kobus Wiese se kommentaar beskryf in dié kragmeting?