Rassie na Bokke

2012-01-15 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Rassie Erasmus gaan in ’n heeltydse pos by die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) deel wees van die Springbokke se nuwe kern-afrigtingspan.

Sy skok-bedanking die afgelope week as die Westelike Provinsie se direkteur van rugby is klaarblyklik op die spits gedryf ná ’n onlangse geskil met die WP se bestuur oor die aanstelling van sy swaer Human Kriek as tegniese raadgewer in sy bestuurspan van die Stormers én die druk van Kaapse rugby-politiek.

Saru sal sy aanstelling waarskynlik binnekort aankondig – moontlik op 27 Januarie, wanneer die nuwe Springbok-afrigter aangestel word.

Uit navrae van Rapport het dit die week geblyk dat die Suid-Afrikaanse rugbybase nog nie eenstemmigheid kon verkry oor wie van Heyneke Meyer of Gert Smal die geskikste afrigter vir die pos as Bok-breier is nie.

Meyer van die Blou Bulle Rugbyunie en Smal, wat Ierland se voorspeler-afrigter is, is die twee kandidate wie se name in die hoed is vir opvolger van Peter de Villiers as nasionale breier.

Rapport se bronne sê Meyer is in hierdie stadium die voorkeur-kandidaat, maar Smal geniet ook heelwat steun onder verskeie rugbybase.

Meyer het die afgelope week aan Rapport gesê hy is gretig om die Bokke te brei sou hy die pos kry. Hy het Donderdag met die Blou Bulle se bestuur vergader oor die moontlikheid om van sy kontrak vrygestel te word, sou hy die einde van die maand as Bok-breier aangewys word.

Saru het reeds gesprekke met albei gevoer en die algemene raad van Saru moet in die volgende twee weke eenstemmigheid oor die geskikte kandidaat bereik alvorens die nuwe afrigter aangewys sal word.

In ’n moontlike wending met die aanstelling van die Springbok-afrigter sal die tydperk van die nuwe afrigter se kontrak tot twee jaar beperk word in stede van die gebruiklike vier jaar wat vantevore gegeld het.

Die nuwe Bok-breier sal ook aan baie streng prestasievoorwaardes moet voldoen en sal baie makliker in die pad gesteek kan word as sy voorgangers, sou hy nie sukses op die veld behaal nie.

Erasmus gaan Saru se tegniese raadgewer wees en sal al die nasionale spanne bystaan en nou saam met die nuwe Springbok-breier werk – soos met die onlangse Wêreldbeker-rugby-toernooi toe hy Peter de Villiers bygestaan het.

In ’n onderhoud met Hanlie Retief wat Sondag in Rapport2 verskyn, het Eramus lig gewerp op die onderstrominge in die WP-unie wat deels gemaak het dat hy bedank het.

“Jy vat dit, jy vat dit, maar vier jaar later word jy een oggend wakker en sê: ‘Dis rêrig tough en ek het genoeg gehad.’

“Ek sê nie die politiek moet waai nie, maar dis nou die volgende ou se beurt om dit te hanteer. Ek wys ook nie vinger na die Kaapse opset nie. Dis hoe dit is.”

Erasmus vertrek binnekort oorsee om die rekenaarprogram wat hy vir die ontleding van die spel ontwikkel aan oorsese klubs bekend te stel. Hy is nie van plan om ’n afrigterspos daar te soek nie.

Volgens Sport24 se inligting gaan die WP se verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, ook eersdaags by die WP bedank en Erasmus na Saru volg om hom by te staan in sy nuwe rol by die nasionale spanne.

Die Blitsbok-breier, Paul Treu, is glo ook op pad om saam met Erasmus en Nienaber in die Bokke se nuwe afrigtingspan te dien. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rassie erasmus  |  springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Waar is Robert Eberson? Ons sit met 'n binne-senter krisis! Jean DV & Wynand Olivier kan nie eers 'n bal versprei meer nie. Anton, Kitshoff is uitstekend; kort net nog 'n bietjie ervaring. Dean is goeie keuse, maar Werner Kruger kan nie skrum om sy lewe te red nie. By the way, dis 'n SPRINGBOK span, nie 'n PROVINSIALE/NASIONALE eerste span nie. vergeet van tel van provinsiale spelers. die beste spelers moet gekies word!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.