Rassie dra g’n wrok oor WP

2012-01-11 09:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Rassie Erasmus sal sakebelange nastreef nadat hy as direkteur van afrigting by die Westelike Provinsie bedank het.

Sport24 verneem dat Erasmus ’n nuwe afrigtingsprogram ontwikkel het en dat dit wêreldwyd – ook op die hoogste vlak in Suid-Afrika – belangstelling uitlok.

Erasmus sal nie langer tyd hê om sy aandag heeltyds op die pos by die Westelike Provinsie toe te spits nie.

Hy voel in elk geval sy werk is nou afgehandel omdat die Kaapse unie se strukture van junior vlak af seepglad verloop.

Hy is wel te vinde vir die gedagte om elders weer in spanverband betrokke te raak.

“Ek is te vinde vir enige geleentheid wat na my kant toe kom. My besluit sal neerkom op wat die beste vir my en my gesin sal wees.”

Hy dra geen wrok teenoor die WP nie, al word daar in die Kaap oor politiekery agter die skerms gemor.

“Nee, glad nie,” het Erasmus geantwoord toe aan hom gevra is of plaaslike politiek hom verdryf het.

“Niemand het my onwelkom laat voel nie. Ek het ondersteuning van 95% van die mense hier gehad. Die ander is die 5% wat nie ’n professionele opset verstaan nie.

Dis mense – van spelers tot administrateurs in hoë poste – wat voel die afrigter moet uit plaaslike geledere kom.”

Erasmus voel nie hy laat die Stormers of WP in die steek nie.

“Ek het van die begin af oop kaarte met Rob Wagner (besturende direkteur van WP-Rugby Edms Bpk) en die bestuurspan gespeel.

Die spelers glo aan hul afrigters en dis nie asof ek die span los en na plaaslike teenstanders gaan om geheime te gaan uitlap nie.”

Erasmus is al aan etlike poste gekoppel.

Sy naam word dikwels as ’n moontlike tegniese raadgewer in die nuwe Springbok-bestuurspan genoem, terwyl daar selfs nou sprake is dat hy in ’n oorsese span se bestuur kan dien.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Waar is Robert Eberson? Ons sit met 'n binne-senter krisis! Jean DV & Wynand Olivier kan nie eers 'n bal versprei meer nie. Anton, Kitshoff is uitstekend; kort net nog 'n bietjie ervaring. Dean is goeie keuse, maar Werner Kruger kan nie skrum om sy lewe te red nie. By the way, dis 'n SPRINGBOK span, nie 'n PROVINSIALE/NASIONALE eerste span nie. vergeet van tel van provinsiale spelers. die beste spelers moet gekies word!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.