Ramkat kan Cheetahs stootkrag gee

2011-10-13 12:57
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die Aussies moes met 16 manne (die skeidsregter ingesluit) die Springbokke klop en die Cheetahs kry nou ’n stel horings by om die gevaarlike Griekwas te klop.

Konsortium-Merino (KM) het ’n stewige merinoram genaamd Ramkat aan die Cheetahs geskenk om hulle stootkrag in Saterdag se Curriebeker-kragmeting te gee.

Mnr. Cobus Vivier van KM sê op 30 April teen die Brumbies het die Cheetahs in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein uitgedraf met merinoramme as spesiale gelukbringers langs die veld.

Die tuisspan het toe drie agtereenvolgende wedstryde gewen.

Hulle hoop Ramkat, wat na verwagting die naweek ook langs die veld gaan staan, bring dieselfde geluk.

Die Cheetah-kaptein en -haker, Adriaan Strauss, sê die ram is miskien net die gelukbringer wat die span nodig het, want hulle moet die volgende drie wedstryde wen om die Curriebeker omhoog te hou.

Strauss sê hulle is baie positief oor Saterdag se buurstryd en sien daarna uit om voor hul tuisskare in Bloemfontein te speel.

Die Cheetahs het die afgelope seisoen ondersteuners se harte telkens gebreek omdat hulle dikwels in die tweede helftes uitgesak en seges deur hul vingers laat glip het.

Volgens Strauss het hulle verlede naweek teen die Pumas gewys hulle kan ’n hele wedstryd met die nodige durf speel om as oorwinnaars uit die stryd te tree.

“Ek dink ons het daardie siekte begrawe.”

Ramkat bly tot Saterdag by mnr. Hans Swanepoel van die Das Ram-boerdery in die Dewetsdorp-distrik.

Hierna is hy die Cheetah-span s’n en kan hulle hom verkoop as hulle wil. Vivier sê die jong ram spog met fynwol en robuuste vleiseienskappe.

Die ram is Dinsdagmiddag na die Vrystaat-stadion gebring toe die Cheetah-spelers geoefen het.

Konsortium-Merino is ’n teelgroep met meer as 100 boere en 240000 produserende ooie onder sy handelsmerk.

Hulle het vroeër vanjaar wolbaadjies aan die Cheetahspan gegee.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: curriebeker  |  cheetahs  |  rugby  |  griekwas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Waar is Robert Eberson? Ons sit met 'n binne-senter krisis! Jean DV & Wynand Olivier kan nie eers 'n bal versprei meer nie. Anton, Kitshoff is uitstekend; kort net nog 'n bietjie ervaring. Dean is goeie keuse, maar Werner Kruger kan nie skrum om sy lewe te red nie. By the way, dis 'n SPRINGBOK span, nie 'n PROVINSIALE/NASIONALE eerste span nie. vergeet van tel van provinsiale spelers. die beste spelers moet gekies word!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.