Racing-Metro wys Chabal die deur
2012-02-03 12:07
Kaapstad – Die vuurvreter-agsteman Sébastien Chabal se kontrak met die Franse klubspan Racing-Metro is skielik beëindig.
Racing-Metro het Donderdag kort voor middernag op hul webtuiste aangekondig dat Chabal die span verlaat, nadat hy en die klub se president, Jacky Lorenzetti, nie oor "span strategie" en die terme van sy kontrak kon saamstem nie.
Maar vroeër die aand het die Le Parisien-koerant berig dat Chabal en die spanbestuurder, Pierre Berbizier, voor die aankondiging 'n "vurige woordewisseling" gehad het.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Planet Rugby