Potgieter praat oor dáái skop

2010-09-14 09:43
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Ná meer as ’n halfdosyn seisoene in Absa se Curriebeker-rugbyreeks het die Blou Bulle-losskakel, Jacques-Louis Potgieter, reeds al die emosies beleef wat met die land se spog-provinsiale reeks gepaardgaan.

Hy was egter lanklaas só geskok soos Saterdag in Bloemfontein toe die grensregters en later ook die televisieskeidsregter beslis het ’n strafskop deur hom is nie oor nie.

Daar is geen twyfel by Potgieter dat die bal wel aan die binnekant van die regterpaal deur is nie.

“Dit was skokkend. Ek weet die bal was deur die pale en weet nie hóé dit anders vertolk kon word nie,” het Potgieter gister gesê.

Dit was egter nie die rede waarom die Blou Bulle vasgeval het teen ’n span vir wie Potgieter nog verlede seisoen uitgedraf het nie, sê hy.

“Nee, daardie eerste drie in die openingsminuut het ons gekelder. Ons was aan die slaap en klaar.

“Dit sou nogtans gehelp het as die skop wel erken is, want daar is ’n groot verskil in ’n taai wedstryd soos dié om met drie punte agter te loop en nie met ses nie. Jy het soveel meer opsies as jy strafskoppe kry en hoef nie die wedstryd so te ‘jaag’ nie.”

Die Blou Bulle se afrigter, Frans Ludeke, het gister nog op ’n antwoord van die skeidsregterbaas, André Wat­son, gewag oor die meriete van dié skop-beslissing.
Hy het net soos Potgieter beaam dat dit nie as ’n rede vir die nederlaag voorgehou kan word nie.

“Ons was nie klinies genoeg nie. Ons het kanse gehad, maar hulle nie gebruik nie. Dit het ons gekelder.”

Dit was byna déjà-vu vir die Blou Bulle wat daardie skop betref, want in 2007 is ’n skop van Derick Hougaard in die halfeindstryd van die Curriebeker-reeks tussen dié spanne ook as mis aangedui terwyl dit in werklikheid oor was.

Die grensregters destyds, Louis Mzomba en Deon van Blommenstein, is later van die paneel verwyder.

Ludeke meen daar is steeds kalmte in die Blou Bulle se kamp, al is die span maar in die vyfde plek op die puntelys, met slegs vier wedstryde oor.

“Ons moet bewus wees van wat op die puntelys aangaan, maar gee nie uitermate aandag daaraan nie.

“Ons fokus bly op die week wat voorlê en in dié geval op die Leeus wat wag. Vandeesweek se voorbereidings sal fokus op die manier hoe ons meen hulle geklop kan word.”

Ludeke wou nie hieroor uitwei nie, maar dit gaan nie ’n kernfisikus verg om te weet dat die Leeus se baldraers teruggeduik moet word voordat hulle die bal versprei nie.

Dit is die beste manier om die besoekers se benadering van bal in die hand in die kiem te smoor.

“Ja, ons sal die kontaksituasie moet beheer,” het Ludeke erken.

Die breier hoop om vandag goeie nuus oor Deon Stegmann te kry.

Dié baljagter se dyspier herstel goed en sy terugkeer tot die Bulle se span het ’n saak van noodsaaklikheid geword.

- Die Blou Bulle se oorblywende wedstryde ná Saterdag se stryd teen die Leeus op Loftus Versfeld is 25 September teen die Luiperds in Potchefstroom, 2 Oktober teen die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld en 9 Oktober teen Griekwas in Kimberley.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: leeus  |  rugby  |  curriebeker  |  blou bulle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Nee, koot man. Waar is Robert Eberson? Ons sit tans met 'n Binne Senter krisis. Jean de Villiers/Wynand olivier! kan nie eers meer 'n bal versprei nie. Francois Steyn sal 'n uitstekende opsie wees. Anton, Kitshoff is uitstekend, maar kort nog ervaring. Dean is nie 'n slegte keuse nie. Drop eerder Werner Kruger daardie man kan nie skrum om sy lewe te red nie. En By the way, Anton, dis 'n SPRINGBOK span nie 'n PROVINSIALE EERSTE SPAN NIE. Vergeet van tel van provinsies. die beste spelers moet gekies word Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.