Pote verander een vir stryd teen Haaie
2012-10-10 17:00
Kimberley – Die Griekwas se afrigter, Pote Human, moes een verandering aan sy span maak vir hul Curriebeker-kragmeting teen die Haaie in Durban.
Griekwas moet die wedstryd wen om ‘n plek in die halfeindronde van vanjaar se kompetisie te verseker, het Planet Rugby berig.
Die senter Walter Venter vervang die beseerde veteraan JP Nel vir die enigste verandering aan die begin vyftiental.
Nel het sy vinger beseer in die Griekwas se oorwinning oor die Leeus die afgelope naweek en sal die res van die seisoen misloop.
“Gelukkig is Venter al van die begin van die seisoen af betrokke, so dit gaan nie snaaks wees vir hom om saam met Jean Stemmet te speel nie,” het Human gesê.
Human het voorspel dat die afbreekpunte deurslaggewend in die wedstryd sal wees en het daarom nie aan sy losvoorspelers getorring nie, al is die staatmaker Wesley Wilkins weer fiks.
Griekwas:
15. Willie le Roux, 14. Jannie Boshoff, 13. Jean Stemmet, 12. Walter Venter, 11. Rocco Jansen, 10. Francois Brummer, 9. Marnus Hugo, 8. Leon Karemaker, 7. Justin Downey, 6. Marnus Schoeman, 5. Martin Muller, 4. Ligtoring Landman, 3. Lourens Adriaanse, 2. Ryno Barnes (kaptein), 1. Steph Roberts.
Plaasvervangers: 16. Matt Dobson, 17. Ivann Espag, 18. Edwin Hewitt, 19. Wesley Wilkins, 20. Jacques Coetzee, 21. Marnitz Boshoff, 22. Richard Lawson.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.