Pote brei Griekwas
2011-06-01 15:27
Kimberley - Die voormalige afrigter van die Bulls, Pote Human, het Woensdag 'n kontrak van drie jaar geteken om die Griekwas-rugbyspan se voorspelers af te rig.
Human was die afgelope 14 maande afrigter by die Hoërskool Garsfontein in Pretoria.
"Nadat ek teruggekeer het van Japan (hy het die Rico Black Rams afgerig), het ek die pos by Garsfontein aanvaar. Dit was wonderlik om te sien hoe rugby daar vooruitgegaan het. Maar ek voel dit is nou tyd vir 'n nuwe uitdaging," het Human aan SuperSport.com gesê.
Hy sluit Maandag aan by die Griekwas se hoofafrigter, Abrie Minnie, voor die afskop van die Curriebeker-seisoen.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24