Pocock terug vir stryd teen Wallis
2012-11-30 10:42
Kaapstad – Die Wallabies se baljagter David Pocock sal ná 'n lang afwesigheid sy terugkeer op die rugbyveld maak wanneer Australië Saterdag teen Wallis in Cardiff uitdraf.
Pocock vervang Michael Hooper in die nr.7-trui. Die toets in Cardiff is die losvoorspeler se eerste wedstryd sedert hy sy knie vroeër vanjaar in die Rugbykampioenskap-reeks beseer het.
Ten spyte van Pocock se terugkeer sal Nathan Sharpe steeds die kapteinsarmband Saterdag in sy 116de en laaste toets vir Australië dra.
So lyk die span:
15 Berrick Barnes, 14 Nick Cummins, 13 Adam Ashley-Cooper, 12 Ben Tapuai, 11 Drew Mitchell, 10 Kurtley Beale, 9 Nick Phipps, 8 Wycliff Palu, 7 David Pocock, 6 Scott Higginbotham, 5 Nathan Sharpe (kaptein), 4 Kane Douglas, 3 Ben Alexander, 2 Tatafu Polota Nau, 1 Benn Robinson.
Plaasvervangers: 16 Stephen Moore, 17 James Slipper, 18 Sekope Kepu, 19 Dave Dennis, 20 Michael Hooper, 21 Brendan McKibbin, 22 Mike Harris, 23 Digby Ioane.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Keo