Plumtree se span uitgedun

2010-09-07 08:35
Tweets Share Share line Print

Durban – Beserings en die lui van huweliksklokkies gaan die Haaie aansienlik uitdun vir Vrydagaand se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Pumas in Witbank.

En dan sal daar ook nog gesien moet word of hul afrigter, John Plumtree, sy woord gestand gaan doen en die snoeiskêr gaan inlê omdat sy spelers oorgerus was in Saterdag se nederlaag teen die Blou Bulle.

Die enkelbesering wat die agtsteman, Keegan Daniel, opgedoen het teen die Bulle in Pretoria, gaan hom uit die stryd teen die Pumas hou.

Gelukkig kan die Springbok Ryan Kankowski weer sy plek in die nr. 8-trui inneem en sal dit dus nie juis ontwrigtend wees op die lostrio nie.

Die heelagter Louis Ludik gaan moontlik ook nie saamry Witbank toe nie.

’n Bobeenbesering, wat hy net voor die stryd teen die Bulle opgedoen en hom uit dié wedstryd gehou het, kan hom weer kniehalter.

Die slot Ross Skeate, wat die afgelope twee weke misgeloop het, sal vandeesweek ’n liesoperasie ondergaan. Dit sal hom ’n verdere vier tot ses weke langs die kantlyn hou.

Hoewel die stut Jannie du Plessis beskikbaar is om oorweeg te word teen die Pumas, hang ’n vraagteken oor sy deelname. Hy het in die verloortoets in Bloemfontein ’n knie beseer.

Die Haaie se ander Springbok-stut, Beast Mtawarira, kry hierdie naweek die strop om die nek en sal nie teen die Pumas speel nie.

Voer die Springbok-bestuur hul besluit uit om die gekontrakteerde Bokke te onttrek, kan Bismarck du Plessis ook nie deel wees van die span wat die Pumas moet probeer tem nie.

Die Bok-senter Adrian Jacobs is nadat hy lank uit aksie was met ’n skouerbesering weer reg om te speel.

Daar sal besluit moet word of hy as een van die gekontrakteerde Bokke nou eerder vir die Haaie moet speel, of deel van ’n kondisioneringsplan gaan wees.

Die slot Gerhard Mostert se fiksheid moet eers op peil gebring word voordat hy oorweeg sal word. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
 
Sport24


Lees meer oor: john plumtree  |  haaie  |  pumas  |  curriebeker  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.