Plumtree ‘verpletter’ oor Deysel-besering

2010-08-11 13:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Haaie se strewe om vanjaar die Curriebeker te verower, wat hulle verlede jaar aan die Blou Bulle afgestaan het, het ’n kwaai knou gekry met die nuus dat die ysterman Jean Deysel se rugbyseisoen vanjaar iets van die verlede is.

Dié stewige flank het Saterdag kruisligamente in sy een knie geskeur teen die Leeus in Durban en sal minstens ses maande uit aksie wees.

Die Haaie se afrigter, John Plumtree, maak geen geheim daarvan dat dit vir hom ’n verpletterende slag is nie.

Hy was baie gretig om die kombinasie van Willem Alberts en Deysel as deel van sy lostrio in te span.

“Saam is hulle skrikwekkend en geen span in die land sal teen hulle wou speel nie.

“Dié twee maak ’n groot deel van my planne uit om wedstryde voorlangs te oorheers.

“Dit is ’n groot jammerte dat hulle nou nie meer saam verwoesting sal kan saai nie,” het ’n teleurgestelde Plumtree gesê.

Die Haaie is darem gelukkig dat hulle genoeg ander losvoorspelers van gehalte het, maar nie een is ’n stoomroller soos Deysel nie.

Met Ryan Kankowski wat die volgende paar weke weer deel van die Springbok-groep is, sal Alberts, Jacques Botes en Keegan Daniel die lostrio vorm.

Menige spanne sal nog wat wil gee om dié drietal te kan inspan.

Met die Haaie wat ook die regtervleuel JP Pietersen aan die Bokke afstaan, sal nog ’n Bok, Odwa Ndungane, darem weer terugverwelkom word.

Hy sal vandeesweek ’n fiksheidstoets moet slaag om deel van die groep te wees wat Vrydagaand in die Royal Bafokeng-stadion net buite Rustenburg teen die Luiperds te staan kom.

Die Luiperds sweet self om hul vlymskerp-skrumskakel Michael Bondesio betyds gereed te kry, berig Pieter Jordaan.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: curriebeker  |  rugby  |  haaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.