Plumtree: 'Draai horlosie terug'

2011-10-24 09:53
Tweets Share Share line Print

Durban – Die eerste prys vir die Haaie sou ’n eindstryd hier by die huis teen die Westelike Provinsie gewees het, maar die dobbelstene het geval en nou moet hulle die beste van die saak maak.

John Plumtree wil hê sy rugbyspan moet die horlosie terugdraai na 1996, toe André Joubert daardie dag sy driekuns aan drieë gedruk en die Haaie die Curriebeker op die destydse Ellispark verower het.

“Ons het dit al gedoen en kan dit weer regkry,” het Plumtree gesê nadat die Leeus die WP Saterdag geklop het en sy span nou na die Goudstad moet reis om die Goue Beker te verdedig.

Die sukkelende manier waarop sy span die Cheetahs Saterdagmiddag hier op Kingspark met 20-13 geklop het, glo Plumtree kan nog ’n bedekte seën wees.

“Dit het ons geleer om as ’n span saam te werk. Daar is in die eerste helfte heeltemal té individualisties gespeel en eers toe ons as ’n eenheid begin funksioneer, het dinge vir ons begin uitwerk,” het hy gesê oor die agterstand van 3-13 wat in die tweede helfte uitgewis is.

Op die vraag wat hy met rustyd aan sy spelers gesê het, het Plumtree gegrynslag en gesê: “Ek beter dit maar liewer nie herhaal nie.”

Die Haaie beplan glo om vandeesweek vroeër na Johannesburg te gaan vir hul voorbereiding vir die eindstryd. Hulle sal glo in die Magaliesburg-omgewing slyp.

Die oorwinning bietjie meer as ’n week gelede op Kingspark met bykans 50 punte oor die Leeus gaan net mooi niks tel in die eindstryd nie, glo Plumtree.

Die eindstryd beskou hy as ’n heeltemal ander situasie en een wat uiteraard veel meer gelykop sal wees.

Daar is wel diegene wat sal glo die sielkundige letsels van die groot sege wat die Haaie behaal het, sal nog sigbaar wees by die Leeus, maar baie van hul sterre het daardie dag gerus en was op die plaasvervangersbank.

Dan is daar natuurlik ook die teorie dat die maklike sege wat die Haaie behaal het, dalk net ’n slaggat kan wees waarin hulle kan trap en dat oorgerustheid nou een van hul vernaamste struikelblokke kan wees.

Die besering (lamboud) wat die Fransman Frederic Michalak (losskakel) in die eerste helfte opgedoen het toe hy en sy Haaie-spanmaat Stefan Terblanche teen mekaar vasgehardloop het, blyk nie té ernstig te wees nie en Plumtree glo hy sal teen Donderdag ’n volle fikse groep hê om uit te kies.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Nee, koot man. Waar is Robert Eberson? Ons sit tans met 'n Binne Senter krisis. Jean de Villiers/Wynand olivier! kan nie eers meer 'n bal versprei nie. Francois Steyn sal 'n uitstekende opsie wees. Anton, Kitshoff is uitstekend, maar kort nog ervaring. Dean is nie 'n slegte keuse nie. Drop eerder Werner Kruger daardie man kan nie skrum om sy lewe te red nie. En By the way, Anton, dis 'n SPRINGBOK span nie 'n PROVINSIALE EERSTE SPAN NIE. Vergeet van tel van provinsies. die beste spelers moet gekies word Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.