Pierre Spies help veldbrand blus

2011-12-22 10:01
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth. – Met sy spoed en spierkrag speel Pierre Spies, nuutgekose kaptein van die Bulls, gewoonlik die rugbyveld aan die brand.

Maar Dinsdag het hy sy lyf brandweerman gehou en gehelp om ’n veldbrand in Port Alfred in die Oos-Kaap te blus.

Spies en sy vrou, Juanné, kuier in Port Alfred by Walmar Slabbert, sy vriend.

Spies het gesê hy, sy vrou en Slabbert was Dinsdag omstreeks 16:00 van die strand af op pad toe hulle die vlamme gewaar het.

“Die brand was naby aan my vriend se ouerhuis. Inwoners in die omgewing het baie bekommerd gelyk oor die sterk wind en baie rook.”

Spies en Slabbert het saam met ’n buurvrou en twee jong skoolseuns van die omgewing begin om brand te slaan.

“Ek was veral beïndruk met die twee jong manne,” het Spies Dinsdag aan Beeld gesê.

“Hulle het gesê hul vriende se huis is ook in die omgewing; dis waarom hulle ook kom help het.”

Die brandweer het later by hulle aangesluit.

Om die brandweermanne te help het Spies later sommer ook agter die stuur van die brandweerwa ingeskuif.

“Ons was ’n goeie twee uur besig. Ons het selfs met die brandweerwa vasgesit!” het hy gesê.

Die brand is uiteindelik omstreeks 18:00 geblus.

Khilukile Mbolekwa, mediawoordvoerder van die brandweer in Port Alfred, het gesê die brandweerpersoneel het onmiddellik op die oproep gereageer en was vinnig op die toneel.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Volg Nuus24Sport op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Nee, koot man. Waar is Robert Eberson? Ons sit tans met 'n Binne Senter krisis. Jean de Villiers/Wynand olivier! kan nie eers meer 'n bal versprei nie. Francois Steyn sal 'n uitstekende opsie wees. Anton, Kitshoff is uitstekend, maar kort nog ervaring. Dean is nie 'n slegte keuse nie. Drop eerder Werner Kruger daardie man kan nie skrum om sy lewe te red nie. En By the way, Anton, dis 'n SPRINGBOK span nie 'n PROVINSIALE EERSTE SPAN NIE. Vergeet van tel van provinsies. die beste spelers moet gekies word Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.