Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Oud-kaptein 'hartseer' oor Jan Ellis

2013-02-09 10:15
Tweets Share Share line Print

Jan en Heila Ellis sowat tien jaar gelede. (Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Pretoria – Dr. Dawie de Villiers, onder wie se kapteinskap Jan Ellis die meeste van sy toetse gespeel het, het gesê dit is “hartseer om ’n ou Springbokmaat te verloor”.

Ellis (71), die legendariese oud-Springbokflank wat lank saam met Frik du Preez die rekord vir die meeste toetse vir die Springbokke gehou het, het Vrydag ná 'n lang stryd teen beenkanker gesterf. Hy is in ’n hospies dood, berig Beeld.

“Jan was ’n uitsonderlike en begaafde rugbyspeler. Hy was groot én sterk en vinniger as baie agterspelers,” het De Villiers onthou.

“Sy swenk was bedrieglik en hy kon spelers goed afstamp met die bal in een van sy groot hande.”

De Villiers het gesê Ellis was ’n “stil en teruggetrokke mens wat nie voor op die wa was nie”.

Ellis se dogter, Petro Olivier, het gesê haar pa gesondheid was die afgelope ruk nie so goed nie.

"My pa het die laaste ruk baie gely. Hy het so 18 maande lank kanker gehad.”

Ellis is in 2000 in ’n rooftog in Pretoria gewond en het sedertdien met sy gesondheid gesukkel.

Hy is in Brakpan gebore, maar het naby Gobabis in Namibië groot geword. Hy het tussen 1965 en 1976 in 38 toetse gespeel en 74 keer (gewone toerwedstryde ingesluit) die groen-en-goud oor die kop getrek.

Dié rateltaai-flank was bekend om sy fiksheid en het net een van die 39 toetse misgeloop wat tussen sy eerste en laaste toets gespeel is.

Ellis het sewe toetsdrieë gedruk en nóg 25 in toerwedstryde.

Ellis, wat sy loopbaan as kaptein van Transvaal afgesluit en die laaste 30 jaar op Rayton naby Pretoria gewoon het, het in 1965 sy toetsbuiging in Wellington, Nieu-Seeland, teen die All Blacks gemaak.

Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, het in ’n verklaring gesê Ellis was een van die “beste Springbok-losvoorspelers van alle tye”.

“Hy was ’n ‘instelling’ in die Springbokspan en sal veral met deernis deur die ­ouer geslag rugby-ondersteuners onthou word.”

Ellis word oorleef deur sy vrou, Heila, twee kinders, Petro Olivier en Jan Ellis jr., en vyf kleinkinders.

– Volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: jan ellis
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Rugby-kommentaar

Kerneels sê... Baie dankie vir die inligting, maar waar is die volledige spanlys? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.