Oud-haan kry speelkans teen Bokke
2009-10-28 15:15
Marcoussis, Frankryk - Die voormalige Sharks en Franse losskakel, Frederic Michalak is tot Frankryk se rugbyspan herroep nadat dié veelsydige speler sy land laas in die Wêreldbeker-toernooi in 2007 verteenwoordig het.
Frankryk se afrigter, Marc Lievremont het ook, om vir die Bokke se slaankrag in die voorry te kompenseer, 17 voorspelers by die span van die Hane ingesluit.
Frankryk speel teen die Bokke op 13 November in Toulouse, gevolg deur ‘n wedstryd teen Samoa op die Stade de France en daarna teen die All Blacks in Marseille.
- Sapa-AFP