Oud WP-haker klap glo afrigter
2010-08-30 12:03
Kaapstad – Dawid Britz, die voormalige haker vir die Westelike Provinsie en die Vrystaat, is in groot moeilikheid.
Volgens Rugby365 sal Britz Donderdag voor ‘n tugverhoor verskyn nadat hy na bewering vir Beau Schoeman, ‘n assisent-afrigter by Stellenbosch, aangerand het.
Britz het in 2005 vir die eerste keer in die moeilikheid beland toe hy positief vir ‘n steroïde getoets het.
Lees meer hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.