Oud-Haai moet Brive uithelp
2011-11-03 13:02
Kaapstad – Die Franse klub Brive het die voormalige senter van die Haaie Riaan Swanepoel, genader om dié beseringsgeteisterde span uit help.
Brive se vleuel, Jacques Bousuge, het sy knie vroeër die week beseer daarom sal Swanepoel in die span opgeneem word wat die naweek teen Racing-Métro uitdraf.
Die 25-jarige Swanepoel het aanvanklik 'n korttermyn-kontrak met Clermont geteken met 'n klousule om as plaasvervanger beskikbaar te wees tydens die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland.
Brive word deur beserings geteister met Mathieu Belie, Agustin Figuerola, Victor Laval, Guillaume Ribes, Guillaume Namy, Vincent Forgues, Petrus Hauman, Clément Marienval, Yann Fior, Simon Azoulai, Nicolas Jeanjean en Shane Geraghty tans almal op die krukkelys.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24