Oud-Bok se seun speel vir Hane
2013-02-12 15:04
Kaapstad – Die Suid-Afrikaansgebore flank Antonie Claassen is in Frankryk se groep opgeneem vir die Sesnasies-wedstryd teen Engeland op 23 Februarie in Londen.
Claassen (28) is een van vyf veranderings aan die span wat Saterdag met 6-16 teen Wallis by die Stade Francais in Parys verloor het.
Die Hane se afrigter, Philippe Saint-Andre, het ook die stut Thomas Domingo, slot Christophe Samson, flank Yannick Nyanga en vleuel Vincent Clerc nadergetrek.
Claassen, die seun van die oud-Springbok Wynand Claassen, is die negende buitelandse speler wat deur 'n Franse span opgeneem word.
Die laaste buitelander was nog 'n Suid-Afrikaner, Brian Liebenberg, in 2003. Liebenberg speel tans senter vir die Franse klub Castres.
Frankryk se twee nederlae teen Italië en Wallis beteken dat die Hane tans heel onder op die Sesnasies-punteleer is.
Hane se groep vir Sesnasies-wedstryd teen Engeland op Twickenham (23 Februarie):
Voorspelers: Vincent Debaty (Clermont), Thomas Domingo (Clermont), Benjamin Kayser (Clermont), Dimitri Szarzewski (Racing-Mtro), Luc Ducalcon (Racing-Mtro), Nicolas Mas (Perpignan), Yoann Maestri (Toulouse), Christophe Samson (Castres), Jocelino Suta (Toulon), Antonie Claassen (Castres), Thierry Dusautoir (Toulouse, capt), Yannick Nyanga (Toulouse), Louis Picamoles (Toulouse)
Agterspelers: Maxxime Machenaud (Racing-Mtro), Morgan Parra (Clermont), Frdric Michalak (Toulon), Franois Trinh-Duc (Montpellier), Mathieu Bastareaud (Toulon), Vincent Clerc (Toulouse) Benjamin Fall (Racing-Mtro), Wesley Fofana (Clermont), Florian Fritz (Toulouse), Yoann Huget (Toulouse)
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24