Oud-Bok se seun in Hane-visier

2009-09-30 11:09
Tweets Share Share line Print

Stephen Nell

Kaapstad - Frankryk is sy “tweede span” en daarom sal hy nie omgee indien sy seun, Antonie, aanstaande jaar vir Les Bleus toetsrugby speel nie.

Só het die voormalige Springbok-kaptein, Wynand Claassen, gister gereageer op berigte uit die Noordelike Halfrond dat sy spruit in die Franse breier, Marc Lievremont, se visier is.

“Ek het gehoor hy word hoog aangeskryf, maar hy moet net aanhou om sy beste te lewer,” het Claassen sr. gister gesê oor sy seun wat vir Brive speel.

“Frankryk (Les Bleus) was altyd my tweede span. Ek het self daar vir die klubspan Marmande gespeel.”

Lievremont, wat in die verlede sy neus vir oorsese spelers opgetrek het, het luidens ’n berig deurAFPgesê dat Antonie Claassen die enigste oorsese speler is in wie hy werklik belangstel.

“Ek kyk al die Top14-wedstryde. Die enigste oorsese speler waarvan ek hou, is Antonie Claassen. Hy beskik oor die eienskappe wat ek in ’n losvoorspeler soek,” het Lievremont gesê.

Claassen (24) het gister uit Frankryk aan Sport24 gesê hy is in Oktober 2007 “blindelings” Frankryk toe.

Hy sal ingevolge die Internasionale Rugbyraad se reëls eers Oktober aanstaande jaar vir die Hane beskikbaar wees.

Hy het by Marmande begin, maar is daarna Brive toe.

“Olivier Magne (’n voormalige losvoorspeler van Frankryk) is beseer en is as afrigter aangestel, wat beteken het ek kon sy plek in die groep neem.”

Claassen het aanvanklik besluit om oorsee te gaan speel toe sy loopbaan by die Blou Bulle nie vinnig genoeg gevorder het nie.

“Ek het nooit werklik ’n impak daar gemaak nie,” het hy gesê.

By Brive is dit allermins die geval en hy vind dit vleiend dat Lievremont sy naam in die openbaar noem.

“Dis ’n groot eer, maar hopelik praat hy volgende jaar hierdie tyd nog steeds oor my, want ek is eers dán in Oktober beskikbaar vir Frankryk,” het Claassen gesê.

“Ons speel hierdie seisoen in die Heineken-beker.

“As ek op daardie vlak goed kan vertoon, sal dit baie vir my selfvertroue beteken.

“Jy speel teen die beste in Europa en dit sal ’n deeglike toets wees.”

Claassen geniet dit ewe veel op flank as agtsteman. Hy is ’n sterk baldraer en het ’n goeie werketiek.

“Ek gee altyd 100%. Die Franse hou van spelers wat hard werk,” sê hy.

“Die standaard in die Top14 is goed.

“Enige span kan die ander in ’n gegewe naweek klop.”

- Die Burger

Lees meer oor: rugby

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.