Oud-Bok red meisie se lewe

2010-01-14 08:02
Tweets Share Share line Print

Elsje Blair

Londen - Die voormalige Springbok-senter en oud-Cheetah Brendan Venter, ’n mediese dokter, het ’n Suid-Afrikaanse kind se lewe in Londen gered.

Venter, oud-Springbok wat deesdae direkteur van rugby by die Saracens-rugbyklub in Engeland is, het per SMS aan Volksblad gesê: “Met die Vader se genade is die dogtertjie ok. Ek het ook groot geskrik.”

Hy sê Marelie Raath (3) se ouers, Tinus en Ilze Raath, het laatmiddag by hulle kom kuier toe Marelie aan ’n lekker verstik en byna versmoor het.

Brendan sê: “Ons het aan die kombuistafel gesit. Die volgende oomblik het sy (Marelie) na haar ma toe geloop. Haar gesiggie was potblou, sy was doodstil en haar ogies was so groot soos pierings.

“Gewoonlik as ’n kleintjie verstik, hoes en proes hulle en dan los mens hulle. Hulle kom vanself reg, maar ek het geskrik toe ek haar sien. Ek het haar opgetel en die Heimlich-beweging op haar uitgevoer. Dit het nie gehelp nie.

“Ek het dit weer gedoen, maar sy het nie ’n geluid gemaak nie. Die derde keer het sy, met die Here se genade, begin hoes en huil,” het hy gesê.

Venter het hierna toetse op klein Marelie gedoen om seker te maak sy is buite gevaar en dat die lekker nie in haar longe beland het nie.

“Sy was piekfyn. Dié voorval het my opnuut laat besef hoe vinnig ’n ongeluk kan gebeur. Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Elke nuwe dag is kosbaar en moet geleef word asof dit jou laaste is.”

Mev. Ilze Raath, die dogtertjie se ma, sê: “Ons is baie dankbaar vir Brendan se hulp. Ek het nie besef hoe ernstig die situasie nie was totdat ek Brendan later die aand gebel het om dankie te sê. Hy het net gesê dit was ’n close call.

“Ons kinders speel gereeld saam en ons het huisvriende geword. Dit is net met die Here se genade dat Brendan op dié tydstip by die huis was om te help,” het sy per telefoon uit Londen gesê.

“Marelie het saam met Brendan se dogter, Esna (13), op die rusbank gesit en lekkergoed eet toe sy verstik het.

“Brendan was só kalm en professioneel. Ek is baie dankbaar dat hy my kind se lewe gered het,” het sy gesê.

Raath en haar man, Tinus, ’n rekenmeester, is oorspronklik van Durban.

Hulle het in 1997 na Londen verhuis.

Die Venters en Raaths bly ’n klipgooi van mekaar in St. Alban’s, ’n woonbuurt net buite Londen.

- Volksblad

Lees meer oor: brendan venter  |  rugby  |  goeie nuus

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Eidel sê... Stormers julle het karakter gewys oor-see toe die beserings so erg was. Nou kan julle weer vir die land wys wat is karakter en hoe speel julle vir mekaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.