Oud-Bok Woensdag ter ruste gelê
2010-01-29 12:14
Johannesburg - Die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) wat weens kanker gesterf het, se begrafnisdiens vind volgende Woensdag in Pretoria-Oos plaas.
Kruger het vandeesweek sy jare lange stryd teen breinkanker verloor.
Die diens word 10:00 by die Hervormde Kerk (CRC), op die hoek van Hans Strijdom- en Lynwoodstraat gehou.
Hy laat sy vrou, Lize en sy twee dogters, Zoë (7) en Isabella (4) agter.
Sy vrou het ’n boodskap vir hom op Facebook geskryf, wat lui: “Ek was so lief vir jou Ruben. Ek wens ek kon jou vir ewig hou, maar ek gun jou die rus! Ek, Zoe en Isabella sal jou vir ewig in ons harte dra. Xxx”
Kliek hier vir die volledige berig.