Os lees Bakkies se kop en sê hy kan regkom

2010-07-15 06:48
Tweets Share Share line Print

Wellington (Nieu-Seeland). – Hy glo Bakkies Botha het by ’n kruispad in sy rugbyloopbaan gekom. Geen rede bestaan egter waarom die Bok-slot nie weer die Groen en Goud kan aantrek nie, maar dan sal Botha sy probleem op sielkundige vlak moet uitpluis.

Só glo die Bok-legende Os du Randt, wat in Auckland as deel van die Springbok-afrigting­span was toe Botha die All Blacks-skrumskakel, Jimmy Cowan, met die kop bygekom het.

“Ek dink Bakkies is regtig jammer en weet hy het dié keer te ver gegaan,” sê Du Randt.

“Hy sal hard moet gaan werk aan die sielkundige sy van sy spel en probeer om daardie instinktiewe oomblikke uit sy kop en sy spel te weer. Hy sal sy brein moet gaan programmeer om dit nie weer te doen nie,” het Du Randt gesê.

Hy glo Botha het waarskynlik reeds met die proses begin.

“Ek kon sien hy is regtig jammer. In die verlede was daar altyd ’n gevoel dat hy dalk te na gekom is, of dat dit 50-50-beslissings was. Daar is ook gesê hy word uitgesonder. Hy besef dié keer was hy die idoot en niemand anders nie.”

Volgens Du Randt het hy vir Botha met rustyd van die toets gesê ‘ek is die hel in vir jou’, maar ná die tyd die speler se opregte spyt ervaar.

“Daar is geen manier dat Bakkies voor die tyd beplan om ’n ander speler af te knou nie. Dit is ’n instinktiewe reaksie omdat hy so ’n aggressiewe speler is, en juis daarom is dit so belangrik dat hy daardie rooi waas afskud.”

Du Randt glo Botha se optrede het die beeld van Springbok-rugby skade aangedoen.

“Ongelukkig so, ja. Daardie beeld van Bakkies gaan vir die volgende paar weke die manier wees hoe mense die Springbokke gaan sien. Ons sal dit egter kan verander met goeie rugby. ”

Volgens Du Randt gaan dit aanvanklik sake vir die Springbokke bemoeilik.

“Die skeidsregters gaan gewis enige sweem van ongeoorloofde spel van die Springbokke looi.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur  Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24


Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: springbokke  |  rugby  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Nee, koot man. Waar is Robert Eberson? Ons sit tans met 'n Binne Senter krisis. Jean de Villiers/Wynand olivier! kan nie eers meer 'n bal versprei nie. Francois Steyn sal 'n uitstekende opsie wees. Anton, Kitshoff is uitstekend, maar kort nog ervaring. Dean is nie 'n slegte keuse nie. Drop eerder Werner Kruger daardie man kan nie skrum om sy lewe te red nie. En By the way, Anton, dis 'n SPRINGBOK span nie 'n PROVINSIALE EERSTE SPAN NIE. Vergeet van tel van provinsies. die beste spelers moet gekies word Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.