'Ons is gelukkig,' sê Percy
2009-10-09 16:48
Kaapstad - Percy Montgomery en sy vrou, Tasmin, sê hulle is steeds gelukkig saam as 'n gesin.
Die paartjie het Vrydagmiddag in 'n persverklaring bevestig die aanrandingsaak teen Percy sal nie voortgaan nie.
"Ons is gelukkig as 'n familie. Geen aanklagtes gaan gelê word nie," het die verklaring gelees.
Die Montgomery's het verder gesê die aanklag teen Percy is "oorhaastig" gewees.
"Dit was 'n oorreaksie op 'n argument wat meeste paartjies waarskynlik deurmaak," het die paar gesê.
Luidens die verklaring is geen vuishoue uitgedeel nie. Daar is egter wel bevestig dat 'n meubelstuk "uit frustrasie" bygedam is.
Montgomery is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en het Maandag in die Verulam-landdroshof verskyn. Hy is op borgtog van R1500 vrygelaat.
Hy het glo sy vrou, Tasmin, se boud gedruk en haar met die vuis geslaan.
- Nuus24