Onkeerbare Bulls

2011-05-29 08:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Paar weke gelede sou mense skouerophalend oor die Bulls se Superrugby-wentelling van 32-21 oor die Cheetahs gewees het, maar intussen het die Bloemfonteiners ’n hele paar spanne op hul neuse laat kyk.

En dié oorwinning het bevestig wat ’n paar mense al ’n rukkie vermoed het, maar nie sommer hard-op wou sê nie: ongeag hul swak begin aan vanjaar se nuwe kompetisie, is niemand vanoggend meer lus om teen die Pretorianers te moet speel nie.

Hul loting in ’n moontlike uitspeelronde kan teen hulle tel: dis hier op Fort Loftus dat die Bulls op hul genadelose beste is, maar ’n vierde plek op die punteleer raak ’n sterk moontlikheid.

Van hul volgende drie kragmetings – teen die Waratahs en Sharks hier en die Stormers op Nuweland – sal die kampioene minstens twee moet wen, maar dit lyk allermins vergesog noudat hulle hul ritme en selfvertroue terug het.

Almal gaan oor spelpatrone tekere, maar die Bulls was reg: dit was hul vorm wat gehaper het en nie hul idees nie. Nou’s die vorm reg – en die stemme wat Victor Matfield en kie. oor die muur verklaar het, tjoepstil.

Punte aan die Cheetahs vir hul kanniedood-gees: nadat dit goed twee maal gelyk het of hulle uitgeknikker is, het die besoekers aanhou en aanhou en tot in die doodsnikke ’n buitekans gestaan.

Die Vrystaat het genoeg vernuf en manne wat ’n wedstryd op sy kop kan maak staan, maar het Saterdag selde van die voorvoet af gespeel en was op hul gevaarlikste wanneer die flank Ashley Johnson ’n bietjie ruimte gekry het.

Die Blikore se gesukkel het, voorspelbaar genoeg, in die lynstane begin. Voorspelbaar genoeg, want nie net het die Cheetahs die afgelope ruk hul drie beste middelspringers verloor met beserings aan Wilhelm Steenkamp, Waltie Vermeulen en Izak van der Westhuizen nie – Saterdagaand het hulle boonop te doen gekry met Victor Matfield in die anderkantste ry.

Dít het die Cheetahs se taak soveel bemoeilik as wat dit die Bulls s’n vergemaklik het – dit het nie juis gebaat hulle skop vir veldposisie nie, want die Bulls het die bal eenvoudig silwerskoon teruggekry. Terselfdertyd kon die tuisspan die kantlyn opsoek met die gerieflike wete dat hy ’n uitstekende kans staan om die bal te herwin.

Die gevolg was dat die Cheetahs hul kunsies in hul eie halfgebied moes probeer uitstal, waar die Bulls eenvoudig genoeg druk op hulle gelaai het dat hulle nie hiervandaan kon hond haar-af maak nie.

Die Cheetahs-verdediging is ná al hierdie druk uiteindelik halsoorkop getrek – en Danie Rossouw se haastige tweekuns middeldeur die tweede helfte het eintlik bloot die formaliteite voltrek. Vir sy eerste het hy ’n yslike kraglopie in die middel af geloods en nommer 2 was die gevolg van ’n behendige dartellopie deur Morné Steyn.

’n Geel kaart vir die Cheetahs-stut Coenie Oosthuizen nadat hy Zane Kirchener in die lug geloop het, het die kroon gespan, hoewel Ashley Johnson en kie. daarvoor gesorg het dat die eindtelling respektabel gebly het.

Johnson was nogmaals op sy kop vir die Vrystaters, maar die tonge sou Saterdagaand in die middel van die land klap oor die jong flank Johan Wessels, wat Kabamba Floors ná ’n besering vervang het en homself deeglik laat geld het op die grond.

Dit was nie ’n volpunt-vertoning deur die wenspan nie, maar dié het ál 5 punte verdien. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

- Sport24

Lees meer oor: bulls  |  cheetahs  |  sport  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

kosie.vanrensburg sê... Nee, koot man. Waar is Robert Eberson? Ons sit tans met 'n Binne Senter krisis. Jean de Villiers/Wynand olivier! kan nie eers meer 'n bal versprei nie. Francois Steyn sal 'n uitstekende opsie wees. Anton, Kitshoff is uitstekend, maar kort nog ervaring. Dean is nie 'n slegte keuse nie. Drop eerder Werner Kruger daardie man kan nie skrum om sy lewe te red nie. En By the way, Anton, dis 'n SPRINGBOK span nie 'n PROVINSIALE EERSTE SPAN NIE. Vergeet van tel van provinsies. die beste spelers moet gekies word Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.