Noorde se hoop nou op Pukke

2010-09-21 09:33
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch - Die noorde van Suid-Afrika se hoop op die nasionale klubrugby-kroon rus nou vierkant op die skouers van die Pukke van Potchefstroom.

Die halfeindronde van die Nasionale Klubkampioenskappe word Woensdag hier in die Eikestad beslis.

En terwyl die Maties en die verdedigende kampioen, Hamiltons, vir Wes-Kapenaars ’n plaaslike halfeind-derby verseker het, het College Rovers van KwaZulu-Natal die Universiteit van Johannesburg (UJ) gister in die enigste werklik mededingende kwarteindstryd met 26-20 uitgeskakel.

Die Pukke is nog nie in vanjaar se toernooi getoets nie en het Roses United van Wellington gister met 90-14 slae gegee.

Roses is die einste span wat die Shimlas Saterdag met 23-22 geklop het, maar toe hulle gister met rustyd reeds met 0-68 agter was, was die skrif aan die muur.

Hul twee drieë in die tweede helfte sou nooit genoeg gewees het teen die 14 van die Pukke nie.

Roses se oopkantflank, Hyco Jacobs, is vir ’n blatante kopstampery ’n rooikaart gewys.

Die Maties het ondanks Springs se reuse-oorwinning op die eerste dag nooit die gevaar geloop om hul kragmeting gister te verloor nie.

Hoewel die besoekers Maties se skrum verbasend goed in toom gehou het, was die Stellenbossers goed genoeg om rustyd met 20-13 voor te loop en eindelik met 49-27 te wen.

Hoewel Hamiltons sy titel met oënskynlik ’n swakker span as verlede jaar verdedig, lees sy telkaarte glad nie so nie.

Vra maar vir Progress van Uitenhage. ’n Nederlaag van 14-76 maak seer.

In die Plaat-afdeling het die Shimlas vir sy teleurstellende begin teen Roses vergoed en Middelburg met 41-10 geklop.

Tukkies het min moeite gehad om die Bethlehem-Bobbies met 52-19 te klop.

En die Mosselbaai Barbarians het Kimberley-Polisie met 32-31 in die tjoekie gesit.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: pukke  |  maties  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.