Namibiese vleuel draf uit vir Luiperds
2011-10-06 13:39
Johannesburg - Die vleuel Danie Dames, wat Namibië by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland verteenwoordig het, sal Saterdag vir die Luiperds uitdraf in hul Curriebeker-stryd teen die Haaie.
Spanner Pretorius sukkel met "lighoofdigheid", het die Luiperds in 'n verklaring gesê, en is voorlopig op die bank saam met Siya Mdaka geplaas vir die kragmeting in Phokeng buite Rustenburg.
Afskoptyd Saterdag is om 19:10.
Luiperds:
15 Hofmann Maritz, 14 Danie Dames, 13 Charl Weideman, 12 Joubert Engelbrecht, 11 Vainon Willis, 10 Wesley Dunlop, 9 Johann Laker, 8 Robert Kruger, 7 MB Lusaseni, 6 Philip de Wet, 5 Brendon Snyman, 4 Brad Mockford, 3 Snoepie Coetzee, 2 Gavin Williamson, 1 Jean-Jacques Rossouw.
Plaasvervangers: 16 Marius Fourie, 17 Alfred Wauts, 18 Christo van Niekerk, 19 Spanner Pretorius/Siya Mdaka, 20 Liam Slatem, 21 Clayton Durand, 22 Jovan Bowles.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24