NZ-Sewes trap Bokke
2010-02-05 12:49
Wellington - Die Springbok-Sewes het in die laaste ronde van die eerste dag van die Wellington-sewestoernooi ’n nederlaag gely nadat Nieu-Seeland hulle gewys het wie is baas.
Die tuisspan het Suid-Afrika op die eerste dag van die Internasionale Rugbyraad (IRR) se sewestoernooi in Wellington 19-7 gewen.
Suid-Afrika het die eerste helfte van die wedstryd belowend begin, maar 'n tekort aan krag, probleme met dou op die veld en verkeerde besluite op verkeerde tye het hulle in die tweede helfte teen die Kiwi's laat les opsê.
Zar Lawrence en Kurt Baker van Nieu-Seeland het deur die Bokke se verdediging gebreek en elkeen 'n drie gaan druk.
Die verloorders, die Bokke kom nou in die kwarteindronde teen hulle grootste teenstanders, Fidji te staan.
Die Bokke het hulle laaste vier wedstryde gedurende die Doebai- en Goerge-sewestoernooie teen Fidji verloor.
Die volgende spanne speel in die kwarteindrondes teen mekaar:
Wallis - Papoea-Nieu-Guinee
Argentinë - Tonga
USA - Frankryk
Skotland - Niue
Nieu-Seeland-Australië
Samoa -Kenia
Engeland v Kanada
Fidji-Suid-Afrika.
-Supersport