Morné in nr. 10-trui teen Leeus
2012-10-10 13:34
Kaapstad – Die Blou Bulle het sewe Springbokke, wat by die Rugbykampioenskap-reeks betrokke was, in die beginspan gekies vir die Jukskei-derby teen die Leeus.
Zane Kirchner, Francois Hougaard, Morné Steyn, Arno Botha, Jacques Potgieter, Werner Kruger, Flip van der Merwe sal almal in die Jukskei-derby uitdraf.
Die Bulle sal die Goue Leeus moet klop as hulle 'n kans wil staan om na die halfeindronde van die Curriebeker-reeks deur te dring.
So lyk die span:
15. Zane Kirchner, 14. Akona Ndungane, 13. JJ Engelbrecht, 12. Francois Venter, 11. Bjorn Basson, 10. Mornè Steyn, 9. Jano Vermaak, 8. Arno Botha, 7. Jacques Potgieter, 6. Dewald Potgieter (k), 5. Flip van der Merwe, 4. Juandrè Kruger, 3. Werner Kruger, 2. Willie Wepener, 1. Mornè Mellett.
Plaasvervangers: Chiliboy Ralepelle, Frik Kirsten, Wilhelm Steenkamp, CJ Stander, Francois Hougaard, Louis Fouchè, Dean Greyling.
Afskoptyd in Johannesburg is om 19:10.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24