Mitchell skiet gerugte af

2011-10-11 11:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – John Plumtree moet geen gunsies van John Mitchell verwag wanneer dié twee Nieu-Seelandse afrigters en vriende se rugbyspanne Saterdag in Durban ontmoet nie.

Mitchell, afrigter van die Goue Leeus, het sprake dat hy ’n B-span na Durban gaan stuur Maandag ontken.

Die Leeus het hul plek bo-aan die Curriebeker-puntelys met ’n pragoorwinning oor die Westelike Provinsie verseker.

Tog is Mitchell lugtig vir die moontlikheid dat sy span momentum kan verloor indien hy nie ’n sterk span teen Plumtree se Haaie loslaat nie.

“Ek gaan steeds die kern van die span behou. Ons wil dan ook darem seker maak ons is voorbereid vir enige moontlike scenario wanneer die halfeindronde kom,” het Mitchell gesê.

Hy kan dus wel enkele van sy plaasvervangers in die beginspan speelkans teen die Haaie gee, maar dit lyk nie of die span in sy geheel verander gaan word nie.

Spelers soos David Bulbring (slot), Rudy Paige (skrumskakel), Burton Francis (losskakel) en James Kamana (heelagter) sal dalk hul kanse kry.

Mitchell het selfs gesê hy het nog nie oorweeg of hy sy enigste terugkerende Springbok, Butch James, teen die Haaie gaan gebruik nie.

Hoewel die Leeus-afrigter gesê het hy is trots op sy span nadat hy eerste op die puntelys geëindig het, is dit nie naastenby waar hul ambisie eindig nie.

“Dit is net doelwit nommer een. Dit was nie ’n maklike doelwit nie.

“Maar al wat dit doen, is om vir ons ’n geleentheid te gee (vir ’n tuishalfeindstryd).

“Ons het nog niks tasbaars gewen nie. Die werk is nog nie klaar nie, al was dit lekker om die spelers vir die eerste doelwit geluk te wens,” het Mitchell gesê.

Hy het wel met “glad nie” geantwoord toe hy gevra is of sy vriend Plumtree ’n guns van die Leeus kan verwag.

As die Haaie die Leeus klop, sal hulle ook van ’n halfeindstryd op hul tuisveld verseker wees.

Mitchell het ook gesê die Leeus is die eerste keer in verskeie weke beseringsvry ná die oorwinning van 42-25 oor die WP.

Boonop is die span daardeur met selfvertroue gelaai met ’n speler soos Jaco Taute wat as heelagter sy beste vertoning van die reeks gelewer het.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: lions  |  rugby  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.